Vierde ‘profeet’ vas oor bedrog

geld 4

Argieffoto.

ʼn Vierde verdagte, wat vermoedelik deel is van ʼn sindikaat wat aanvoer hulle is profete en inwoners in die Noord-Kaap uit meer as R1,4 miljoen bedrieg het, is in hegtenis geneem.

“ʼn 26-jarige uitlander wat met die sindikaat verbind word, is in hegtenis geneem,” het Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

Drie uitlanders is in Oktober 2019 in Kimberley in hegtenis geneem op aanklag van bedrog. Hulle is vrygelaat op borgtog van R20 000 elk.

“Die verdagtes het hulself as profete voorgedoen wat lede van die gemeenskap kon bystaan met finansiële en gesondheidsverwante probleme. Persone is aangeraai om hul werk te bedank en al hul pensioengeld te bring sodat dit in miljoene rande omskep kan word,” het Mnisi verduidelik.

Sy het gesê die niksvermoedende slagoffers het ongeveer R1,4 miljoen verloor.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Mnisi het gesê nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wurmpie ·

Hoe kan enige mens dink ń profeet kan jou geld vermeerder. Voorvaders?

JP ·

Grootste sonde wat daar ooi bestaan, wel, een van die grootste sondes deur te dink jy kan God se woord vir ‘n spul geldjies te verkoop, laat ou dink aan die gierigheid van Judas

Piet Le Roux ·

Ek verstaan glad nie hoe hierdie snert enigsins verskil van die “aanvaarbare” snert waarmee bygelowige mense uitgebuit word?…… behalwe dat hierdie nie van belasting afgetrek kan word!

Christa ·

Is daar nogsteeds mense wat nie hulle breins Kan gebruik nie. Hulle Wil die land regeer maar Val nog vir geldstories. Hulle verdien Om hul geld the verloor, as jy n mielie is word jy geeet

aj ·

Toets die ‘ profete’ deur vir hulle water te gee om dit in WYN te verander!

Geniet dan die wyn en ‘vergeet’ van die armoede ens.

Karolis ·

Toffies word gekou en later ingesluk.
Chappies word gekou en uitgespoeg.

Ig ·

Kan Eskom nie die profete kry om die krag voorsiening te verdubbel nie?

Leon ·

En dan kry hulle nog borgtog ook. Lyk my hulle het die landdros ook ‘n rat voor die oë gedraai.

Nico K ·

Ek dink hierdie mense het net die publiek ‘n paar lesse geleer. Jy word nie vinnig ryk nie en in elkgeval nie sonder om daarvoor te werk nie.

Ceward Thornhill ·

Die enigste manier om jou R100 te verdubbel is om dit te vou!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.