Vierde verdagte vas ná Haenertsburg-plaasaanval

Gesteelde goedere gevind ná Haenertsburg-plaasaanval (Foto: SAPD, Limpopo)

Gesteelde goedere gevind ná Haenertsburg-plaasaanval (Foto: SAPD, Limpopo)

Die vierde persoon wat na bewering betrokke was in die aanval op ʼn bejaarde egpaar in Haenertsburg in Limpopo, is Dinsdag deur die polisie aangekeer.

“Die verdagte is van Mohlaba Cross in Ritavi en het ʼn rewolwer, een 9mm-pistool met ʼn magasyn, vier haelgeweerpatrone, drie selfone, drie afstandbeheerders en ʼn Toshiba-skootrekenaar in sy besit gehad,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie word by die aanvanklike aanklagte bygevoeg.”

Die man sal binnekort in die Haenertsburg-landdroshof verskyn.

“Die ondersoek na die gesteelde voertuig duur voort,” het Mojapelo bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig drie mans is Saterdag in hegtenis geneem nadat die bejaarde egpaar, Richard en Anika Wiggel, Donderdag om 03:00 op hul plaas in die omgewing aangeval is. Vier verdagtes het glo vensters gebreek om by die huis in te kom. Hulle het die egpaar oorval en aangerand voordat hulle met ʼn onbekende bedrag geld, ʼn radio, televisie en drie selfone in die egpaar se Isuzu-bakkie gevlug het.

Mojapelo het aan Maroela Media bevestig dat die polisie in die proses is om die verdagtes te verbind met aanval die volgende dag op nóg ʼn bejaarde egpaar op hul kleinhoewe naby die Magoebaskloof-hotel.

Lees alle vorige berigte oor Haenertsburg-plaasaanvalle op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Scalla ·

Ammie, dit is seker gebruik om die perseel se hekke/deure oop te maak om te vlug en dit word gebruik om ander remotes te jam, soos bv dat jy nie jou voertuig kan sluit nie.

Sandra ·

Ammie daar is n Tv ook gesteel as jy die berig lees, so dis seker die se remote. Welgedaan SAPD!!!

Sandra ·

Ammie in die berig staan n TV is ook gesteel, so dis seker sy remote. Welgedaan SAPD!!!!

AL ·

Uitstekende werk SAPD! Uitsluitlike roof kan nie die enigste motief wees vir plaasaanvalle en moord nie. Sindikate met politieke motief?

snoefie ·

haelgeweer nog nie gevind nie. maar twee uit drie is nie sleg nie. die ou mense moet dit regtig oorweeg om hulle vuurwapens in te handig. dit is vir hulle niks werd in die kluise nie. dis vandag maar eers 25/1. sover was daar nog elke dag wapens gebuit. UIT KLUISE. gister sommer vier. is die daaglikse plaasaanvallers nou net bewapening vir 6/4?

Ian ·

Om n wapen by die polisie in te handig is net n makliker manier om dit vir misdadigers te gee. Dit is oor en oor bewys dat daardie wapens wat ingehandig word, in misdadigers se hande opeindig. Miskien moet hulle eerder 2 kluise aanhou. Een met n bedraggie geld en dan een met die wapens wat goed versteek is.

Estelle ·

Welgedaan vir die goeie werk deur die polisie. Vat die boosdoeners vas en maak die lewe moeilik vir hul!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.