Vierde verdagte vas na moord op polisieman

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

‘n Vierde persoon is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n polisiebeampte van Limpopo.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 18-jarige verdagte is vroeg Sondagoggend in verband met die moord op lt. Yezindaba Shikati in hegtenis geneem. Die verdagte sal binnekort in die Ritavi-landdroshof verskyn.

Shikati (54) is op 29 Junie doodgeskiet nadat hy en ‘n kollega reageer het op ‘n klagte by ‘n kroeg in Patanage. Die beamptes se dienspistole is gesteel.

Drie verdagtes is kort na die moord in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Die polisie het op die twee gesteelde dienspistole, nog twee wapens en ammunisie beslag gelê tydens die arrestasies.

Teffe Malangana (23), Lazarus Moseamedi (25) en David Malatjie (33) staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Hulle is in aanhouding en sal na verwagting Vrydag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.