Vierfontein-plaasaanval: Verdagtes nou van moord aangekla

Buks Swanepoel tydens sy 80e verjaardag. Foto: Verskaf

Buks Swanepoel tydens sy 80e verjaardag. Foto: Verskaf

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval op die Swanepoel-egpaar van Vierfontein in die Vrystaat, gaan nou van moord aangekla word.

Dit volg nadat Buks Swanepoel (81), wat saam met sy vrou Cornelia (80) by hul seun op die plaas Sterkfontein gewoon het, Maandagaand oorlede is. Die Swanepoel-egpaar is op 21 Julie helder oordag aangeval en met ʼn hamer aangerand.

’n 23-jarige man van Lesotho is kort ná die aanval deur boere van die omgewing in hegtenis geneem en het reeds in die landdroshof in Viljoenskroon verskyn. ‘n Tweede verdagte is op 24 Junie in Orkney in hegtenis geneem. Dié 27-jarige man het glo voorheen op die plaas gewerk. Die verdagtes moet weer op 19 Augustus in die hof verskyn.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is aanvanklik ʼn saak van poging tot moord ondersoek, maar dat die klag nou na moord verander is. Die mans word ook van gewapende roof aangekla.

Casper Swanepoel, die slagoffer se broerskind, het Vrydag aan Maroela Media gesê sy oom se begrafnis vind Saterdag in Orkney plaas. Die diens begin om 11:00 by die Hervormde kerk.

Lees ook:
Bejaarde sterf ná Vierfontein-plaasaanval
Tweede verdagte vas ná Vierfontein-plaasaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nina ·

Baie sterkte aan die oom se familie en vriende. Mens het werklik nie meer woorde nie. :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.