Vierjarige dood, baba beseer in Kaapstad-botsing

Die ongelukstoneel. Foto: @LimaCharlie1/Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: @LimaCharlie1/Twitter

ʼn Vierjarige kind is dood en ʼn drie maande oue baba is beseer in ʼn trompop botsing in Kaapstad.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn BMW en ʼn VW Polo het Saterdag in Valhallaweg in Kalksteenfontein gebots.

“Die kind is noodlottig beseer, terwyl die baba ernstige kopbeserings opgedoen het.”

Paramedici het die beseerde kind op die toneel behandel. “’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Niemand is al in die stadium in hegtenis geneem nie,” het Rwexana gesê.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.