Vierjarige se lyk in boks gekry

(Foto: SA Polisie)

ʼn 36-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vierjarige seuntjie in Warrenton in die Noord-Kaap.

Die seuntjie het glo Vrydag omstreeks 11:00 na ʼn winkel geloop en is nie weer gesien nie. Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is die seuntjie later as vermis aangemeld waarna ʼn soektog onmiddellik van stapel gestuur is.

Die polisie het inligting opgevolg en die seuntjie se liggaam is in ʼn huis in Ikhutseng gevind. Die seuntjie se liggaam was in ʼn boks wat met ʼn kombers toegemaak is.

Die eienaar van die huis is in hegtenis geneem. Volgens Ramatseba is die verdagte nie familie van die seuntjie nie en word die motief vir die moord ondersoek.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Warrenton-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christell ·

Dit raak nou alledaags dat jy net kan doodmaak, onskuldige kind, dit is absoluut hartverskeurend om die reality te aanskou in ons land.

Annette ·

Hoe SIEK is hierdie land nie!!! My innige simpatie aan die ouers van hierdie arme kindjie. Mag reg en geregtigheid geskied.

Anoniem ·

Al ooit gehoor hoe dit in Zim gaan deesdae? Dit is ons voorland …. binnekort.

Moedeloos ·

Waar is die knie buigers nou? My hart is seer oor hierdie kleintjie. Hoe weet ons watter vrees het hy nie in die laaste oomblikke van sy lewetjie gehad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.