Vierjarige sterf ook ná suur-aanval

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Durban ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn vierjarige seuntjie en sy tannie gesterf het nadat suur oor hulle uitgegooi is.

“Die polisie is op 30 Julie omstreeks 04:00 na die toneel in Manselweg, Durban, ontbied waar suur oor ʼn vrou en haar susterskind gegooi is terwyl hulle geslaap het,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Ntokozo Sobahle Nzuza (34) en Mlungisi Ngongoma (4) het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Die polisie het op die toneel beslag gelê op ʼn houer met suur wat na bewering gebruik is om die slagoffers te beseer,” het Zwane bygevoeg.

Nzuza is verlede maand in die hospitaal oorlede en Mlungisi het twee dae gelede aan sy beserings beswyk.

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Enigiemand met verdere inligting word versoek om ao Sivan Naidoo te kontak by 031 325 4107.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hartseer ·

Hoekom hoekom hoekom hoekom gebeur sulke goed? En dis nie net in SA nie. Die duiwel is wêreldwyd los.

SNEL ·

Ek stem, wat gaan in die wêreld aan. Dis vreeslik om so iets aan iemand tedoen.

pop ·

Ons spandeer al eeue om die vergieting van bloed van die mensdom te keer en te verhoed. Maar dis tevergeefs. Oorloe sal woed, tiranne heers, en marteling en pyniging floreer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.