Vierjarige sterf toe kapers hom buite kar sleep

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige seuntjie is Saterdagaand in Boksburg, Gauteng, dood nadat kapers hom buite ʼn motor gesleep het.

“Die seuntjie was in Reigerpark saam met sy ma, pa en sussie ʼn City Golf toe drie mans die gesin genader het,” het lt.kol. Khensane Magoai, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het die pa, sy vrou en dogter aangesê om uit die motor te klim. Die vierjarige was met ʼn veiligheidsgordel vasgemaak. Hulle het toe in die motor geklim en weggery.”

Magoai sê dit is nie duidelik wat presies gebeur het nie, maar die seuntjie is buite die motor gesleep, hy het aan sy veiligheidsgordel by die deur uitgehang. “Hy is ongeveer 8.5 km ver van Reigerpark tot by Boksburg buite die motor gesleep. Die kapers het die motor verlaat en die seun was dood.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Ons is nog op soek na die verdagtes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Jen ·

Dit is onmenslik!!!!! Daar is geen woorde wat daardie gesin kan troos net die Here kan. Sterkte vir die gesin en familie

Jen ·

Dit is onmenslik!!!!!! Geen woorde kan daardie gesin troos net die Here kan. Sterkte aan die gesin en familie

Mel ·

Daar is n special plek in die Hel vir sulke ongediertes. Sterkte aan die familie.

Jen ·

Dit is onmenslik!!!!!! Daar is nie woorde wat daardie gesin kan troos net die Here kan. Sterkte aan die gesin en familie.

chantelle powell ·

My hart gaan uit na die gesin…dit is ongelooflik hartseer. :(

David ·

I don’t care if the guilty murderers are white, Black, yellow or blue. Any person that hurts or kills a child should be put to death. Bring back the death sentence !

Gerhard Bezuidenhout ·

Kan n mens sulke barbare mense noem . Geensins want dit is gebroedsels uit die hel wat sulke dinge aanvang . Hoop dat hulle aan die gemeenskap oorhandig word indien hulle gevang word, indien hulle gevang word wat heel onwaarskylik is.

marlene ·

Doodstraf is al wat sal help. Ons land ,regering en sy mense is korrup. Daar is geen wet en orde meer nie en niemand gee meer om nie. Dis sad. Daar is te veel barbare daar buite.

Johann ·

Mag die moordenaars wat hierdie daad aan ‘n liefdevolle, sorgsame, onskuldige en Godskind gedoen het die bitterbeker smaak tot in der ewigheid!
Mag dit draagliker wees om ‘n meulsteen om julle nekke te hê in die dieptes van die diepste see.

Dankie Vader, dat die klein mensie op sy kombersie gelukkig en tevrede in die hemel, sy inkleurboekie vol teken by U voete onder U sagte wakende oë.

Hou asseblief Vader, in U groot genade, sy aardse familie styf vas en hulle vir U, want daar staan immers geskrywe, dat een van U kinders se dood nie ‘n geringe saak vir U is nie.

Heer, waar dan heen? Tot U alleen!
Dankie vir die versekering waar U kinders eendag sal wees, Vader.

Amen.

david ras ·

Woorde ontbreek !! Ek wed as hulle gevang word gaan HULLE MENSEREGTE swaarder weeg as die regte van die kleintjie ! As ons dan nie die doodstraf kan terugkry nie stel ek voor:
Hulle word vir ALTYD toegesluit. Geen kontak OOIT met die buitewereld, veral familie nie. Geen kans ooit op parool nie. Vekieslik eensame opsluiting–en na die duiwel met menseregte. Hulle het alle aanspraak op menswees verbeur.

Maar nouja, die moordenaars van Willemientjie Potgieter kom weer na vore ……..

Johann ·

Aan.

Me. Susan Lombaard.

Bestuurder: Maroela Media.

Ek staan met my hoed in my hand voor u en wil graag in nederigheid, ‘n versoek tot u rig?
Wil u nie asseblief toesien dat insiggewende en opbouende kommentare deur ons getroue lesers sommer goedsmoeds verwyder word nie?

Ek verstaan dat u die reg het om enige kommentaar te verwyder, maar ek persoonlik sien in party kommentare wat verwyder word geen skade of dat dit teen enige van die neergelegde reëls is nie.

Baie dankie.

Johann.

Trippie ·

JOHANN :

Welkom terug, vertrou alles het goed afgeloop.

Dit maak my werklik moedeloos wanneer ek bv. ‘n woord soos d-r-e-k of b-a-r-b-a-r-e gebruik, en my kommentaar word verwyder. Ek ken geen ander woord wat van toepassing is waar “mense”, en veral kleine kindertjies, so wreed om die lewe gebring word.

Groete, Trippie

– | –

Dankie Jen.

Johann ·

Hallo Trippie.

Baie dankie.

Baie bly om terug te wees en in my eie bed te kan slaap. Kan nie glo hoe word jou eie kussing gemis nie né.

Ek het verlang en dit is lekker om mekaar weer raak te lees.

Ek hoop van harte dat Maroela bestuur ag sal slaan op die versoek want ek, en baie wil jou nie hier op Maroela verloor nie. Ek hoop en vertrou dat die beskrywende uitdrukkings vir hierdie tipe maaksels, nie verwyder sal word nie.

Vader, seën asseblief U kinders met ‘n soete, veilige en rustige nagrus, dat hulle weer verkwik die week sal ingaan.

Dankie dat U soveel omgee vir U kinders dat U ons saggies gaan neerlê, ons drukkie en soentjie op die voorkop gaan kry en dat U by ons sal waak.

Amen.

Trippie ·

Jy is skaars terug, en ek weer in trane – Johann, baie dankie vir jou pragtige woorde, en ook gebed.

Ek is werklik dankbaar ek het jou hier raakgelees – al is ek ‘n vrou van net oor die 50 lewensjare, leer ek steeds daagliks, en dis omdat jy (ek GLO) op my, en ons lesers hier se pad geplaas is.

Geseende nagrus !

Kobus ·

Lewer tog asseblief kommentaar wat relevant is tot die artikel. Julle geklets dra niks by tot die gesprek nie!

Pieter ·

Jou gesanik nog minder, Kobus. Ek lees ‘n duisend keer eerder die “geklets” as jou gebabbel.

Susan Lombaard ·

Beste Johan

Baie dankie vir jou boodskap. Die rede waarom sommige van jou en Trippie se kommentare verwyder word, is weens die feit dat dit persoonlike boodskappe is wat aan mekaar gerig is, en nie relevant is vir ander lesers van Maroela Media nie. Sulke onderlinge gesprekke ontmoedig ander lesers van Maroela om kommentaar te lewer, aangesien hulle voel hulle kan nie inmeng in ‘n gesprek wat so persoonlik van aard is nie. Ons verwelkom beslis positiewe kommentaar, maar die doel van ons kommentaar is om gesprek uit te lok oor die nuus- of ander aangeleentheid waaroor die betrokke storie gaan, en om daaroor te debatteer en te dink (en positiewe kommentaar daarop te lewer waar moontlik). Ons kry wel per e-pos klagtes van ander lesers indien sommige lesers begin om onderlinge persoonlike gesprekke op nuusstories te voer, en ons het dus nie ‘n ander keuse nie as om sulke gesprekke in te perk, ter wille van ons ander lesers se vrymoedige deelname. My voorstel sal wees dat julle mekaar se e-posse met mekaar deel en dan per e-pos gesels indien daar ‘n storie is waaroor julle graag ‘n persoonlike gesprek wil voer, of dit via sosiale media soos Facebook doen.

Groetnis
Susan Lombaard (Bestuurder: Maroela Media)

Johann ·

Me Lombaard.

Baie dankie vir u terugvoering, dit word waardeer.

Groete.

Johann.

colven ·

Dit is so uit di put van di hel wat hierdie mense gedoen het.
Mag dieselfde aan hulle gedoen word.

andre van schalkwyk ·

Daars geen woorde waneer gaan hierdie oorlog teen ons afrikaners einde kry hoeveel van ons mense en kinders moet nog boet as so iets met een van my kinders of kleinkinders moet gebeur sal dit n moordenaar van my maak sterkte aan sy ouers ek sal vir jul bid

ai toggie ·

Waar lees jy dis n wit kind Andre? Jy neem net aan. Ongeag van die arme mense se kleur bly dit n tragiese saak!!!!! My hart gaan uit na die familie-wit swart bruin of pers – DIT MAAK NIE SAAK NIE!!!! Die ander kapings insident is n swart kind? Het jy kommentaar gelewer daaroor? Of is dit maar ok?

Rene Grobler ·

Sulke mense moet opgespoor word en ook so gesleep word tot hul sterf. Geen ander straf sal help. N Arme kind van 4 doen geen grootmens skade nie. Hulle moet net baie liefde aandag en kos kry.

Mercia ·

O! My hart is sooooo.seer vanaand! Ek het 3 kinders onder andere ‘n seuntjie van 4…… En ek sal graag self hierdie gevoellose monsters etlike kilometers ver wil sleep! Ek wens ek kon sy ouers troos, maar ek kan net myself voorstel dat geen woorde werklik troos kan bied nie! Ek kan net in my hart saam huil en bid…… ook dat hierdie gespuis sal maai wat hulle gesaai het!!

Steward ·

Woorde ontbreek. Slegs gevoelens van haat en minagting bly oor.

Elle ·

Kom uit Suid Afrika uit!! Hier is lande en hul mense wat ons baie mooier hanteer en beskerm teen geweld as ons eie land. Ons kinders kan grootword en nie die taal, kultuur, land of geweld mis nie en ‘n beter blinker toekoms kan he’. Is dit, dit maar nie werd nie?

Petrus Swanepoel ·

Hierdie soort gebeurtenis hoort nie net op nasionale media maar op internasionale media sodat daar gesien kan word wat gebeur in RSA. Geen lewe in ons land het ‘n prys, hier word jy vermoor vir niks.

Anita ·

Nee, nee, nee! Dit is so wreed! My hart is so seer….

Daar lê ‘n lang pad vir die ouers en familie voor, mag julle God se vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan.

Baie baie sterkte en ‘n liefdevolle drukkie van my.

Nico ·

Vang hulle en maak hulle vas aan n kar en SLEEP HULLE – ek het nie n saak met hulle regte nie !!!! Jy wat moor , verkrag het ongelukking jou reg op aanspraak vir jou mense regte verbeur. Jy doen dit nie aan n kind nie !!!!

Suid Afrika word wakker ons moet Wet en Orde instel in die land , of jy wit ,groen ,pers ,swart … van kleur is moet jy maar net inval op die wette van die land want ons moet mekaar se reg op lewe respekteer en saam n veilige land bou en ons mense en diere beskerm wat van Jesus af kom.

Mag Jesus sy hand van beskerming en liefde oor die seun se familie hou.

Twane ·

Bring die DOOD STRAF terug, ons kerke raak te leeg en die tronke te vol.
Sulke mense verdien die straf terug wat hulle met ander mense doen veral kinders. Wat het daai ou seuntjie ooit gedoen om so n wreede dood te verdien…..NIKS………..

Al my innige simpatie vir jou en jou gesin. Jesus ek dat vra dat U, U hand van beskerming oor hierdie gesin sal hou en vertroosting in hulle harte sal bring. AMEN

Anon ·

Sjoe! Dis die wreedste en hartseerste storie. Kan nie dink iemand doen dit aan n kind nie. Arme ouers wat dit moes aanskou. My hart gaan uit na die ouers en familie….. Dis net jammer dat party mense hier kommentaar lewer wat niks met die berig te doen het nie en weer soos altyd n geselskap voer. Dis regtig commin om persoonlike gesprek voering te voer, ek stem saam, dis hoekom daar twitter en facebook is. En nee dis nie n debat soos sommige mense vir my al gese het nie. Maroela hou van n warm debat as dit gaan oor die berig en nie oor n gesprek voering tussen die lesers nie.

Ina ·

Wat se ‘n mens vir sy ouers,familie,sy sustertjie. Mag Liewe Jesus julle styf vashou.

Corrie Greyvenstein ·

Goeie genade! Dis verskriklik wreed! Skokkend. Ek hoop hulle vang die skurke. Eintlik moet die mense wat dit sien gebeur het hulle eerste in die hande kry.

Corrie Greyvenstein ·

Goeie genade! Dis verskriklik wreed! Skokkend. Ek hoop hulle vang die skurke. Eintlik moet die mense wat dit sien gebeur het hulle eerste in die hande kry.

estelle ·

Dit was die pragtigste ou seuntjie (foto in beeld), maar soos hulle se “liefste klein blommetjie van die Hemel gekom, jy was te rein om op die aarde te blom! Sterkte aan die ouers & familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.