Vierjarige uit motor geslinger

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige kind is beseer nadat hy tydens ʼn ongeluk in Benoni, Gauteng, uit ʼn motor geslinger is.

“ʼn Bakkie en ʼn motor het mekaar op die hoek van Birch- en Forestweg getref,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die kind, wat in die motor gery het, is ʼn paar meter ver van die ongelukstoneel aangetref.”

Paramedici het die kind op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.

“Niemand anders is in die ongeluk beseer nie,” het sy gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop dat die bestuurder van die motor swaar gestraf sal word!!! Waarom was die kind nie vasgegordel nie?

Filip ·

Te Veel mense ry nog steeds sonder om veiligheidsgordels vas te maak, kleuters sit op bestuurders se skoot of op die ma se skoot. Bestuurders wat dit toelaat of doen is kindermoordenaars. Wetgewing moet strenger toegepas word!!

Elfie ·

Christa en Fillip – stem 1000% saam. Ek sien gereeld hoe mense ry met ‘n kelinding wat regop staan op die agtersitplek. ‘n Projektiel wat net gewag word om deur die voorruit te loods. Gaan seker weer nie ‘n boete kry, want die verkeerspolisie het seker net weer “eish” of so iets onnosels gesê!

Nina ·

Kinders hoort of in stoeltjies of vasgegespe! Die ouers kort duidelik ‘n paar warm kopklappe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.