Vierjarige van Kuruman met koekies gelok, verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 42-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn vierjarige meisie naby Kuruman in die Noord-Kaap verkrag is.

“Die man is Woensdagmiddag in hegtenis geneem,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Die verkragting het plaasgevind toe die meisie die man se huis in Tsineng betree het. Hy het haar glo met koekies gelok.”

Die vierjarige het die misdaad by haar ouma aangemeld.

Die mans sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Mothibistad verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

windvogel makier ·

Kinders moet regtig geleer word om niks by vreemdelinge te vat nie en dis siek van n grootman om n kind se onskuld so te neem.Hy het groot geword en nou wil hy haar/hom lewe veronreg.Nee sluit hom toe en gooi weg die sleutel.

Ria Maritz ·

Doodstraf sou handig te pas gekom het, maar nou-ja !

‘n Kind wat verkrag word dra daardie letsels ‘n leeftyd.

Peter Says ·

Gee hom vir die familie en die gemeenskap, hulle sal sy sake werk.

Karen ·

Die kind se ouers weer soos gewoonlik nerens in sig nie. Hoe loop ‘n 4 jarige alleen rond??? My dogtertjie speel nie eers alleen buite by my eie huis nie. Mens is nerens meer veilig nie! Is dit nie die ouers se plig om te sorg dat die kinders veilig is nie? Te beskerm teen sulke vuilgoed nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.