Vierjarige verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige seun het in ʼn swembad in Northdene in KwaZulu-Natal verdrink, het paramedici Sondag gesê.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel, was ʼn familielid besig om mond-tot-mond-asemhaling op die seun toe te pas nadat hulle hom uit die water gehaal het.

“Paramedici het by die familielid oorgeneem en vir ʼn verlengde tydperk mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Die seun is egter op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Die omstandighede rondom die seun se verdrinking word ondersoek. Steinmann het ʼn beroep op ouers gedoen om ekstra versigtig te wees wanneer hulle kinders naby swembaddens is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Twee goed sé huis einaars altyd vir my as ek hul eiendom betree, ” honde sal jou nie byt nie, en swembad is vielig…”
Moet ek meer sé…. na bostaande berig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.