Vierjarige verdwyn in see

Pearlbaai in Yzerfontein. Foto: Wikimedia Commons

Pearlbaai in Yzerfontein. Foto: Wikimedia Commons

ʼn Vierjarige seuntjie is Saterdagmiddag deur die see in Yzerfontein aan die Weskus ingetrek en het vermoedelik verdrink.

Willem Lubbe, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Yzerfontein, het gesê hulle is omstreeks 16:45 na Pearlbaai ontbied.

“ʼn Gesin van Malmesbury was op die strand vir die dag. Die seuntjie het glo in die vlak water gespeel toe hy deur ʼn sleurstroom die water ingetrek is.” Volgens Lubbe het hulle dadelik ʼn seevaartuig en reddingsvoertuig ontbied. Die polisie en EMS/AMS Skymed-helikopter was ook op die toneel.

Ondanks ʼn uitgebreide lug-, sand- en seesoektog was daar geen teken van die seuntjie nie. Reddingswerkers sal voortgaan om na sy liggaam te soek.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ella ·

Ai hier gaan ons alweer. Elke jaar se storie. Respekteer natuur mense . Rip

Bompie ·

Ek wonder altyd oor sulke kommentaar ……… die kind het in die VLAK water gespeel…..waar op aarde kom respek vir die natuur hier in. Net soos duisende ander vakansie gangers het hierdie mense die wonderlike NATUUR wat God vir ons gegee het ….. geniet en bewonder !

Boggom ·

Sy wil he jy mut in jo huis bly en glad ni stand toe gn nie of enige iets doen en joself in bubblewrap toe maak.

Zea ·

En so was ek ook as volwasse vrou middel lyf in die see by Kleinbrak swemstrand Donderdag en het ‘n seestroom my ook vasgevang!GAAN DEF NIE OOR RESPEK VIR NATUUR HE OF NIE HE NIE. AL IS JY JOE OUD, WATSE STERK SWEMMER, HOE FIKS…DIT IS IN ‘N OOGWINK EN SO IETS GEBEUR. STERKTE AAN DIE FAMILIE

Jakes ·

Dit gaan juis oor respek vir die natuur en sy onvoorspelbaarheid. Dis elke jaar se ding….om te dink die water is vlak, niks sal mos gebeur nie getuig juis van mense wat mak is vir die krag van die see en sy strome.
Dis tragies, en dit gebeur met duisende mense elke jaar. Die see is nie jou speelmaat nie.

Ron Reynolds ·

Every child should be taught to swim at as young an age as possible. Even if he or she just receives instruction on SURVIVAL in water. The cost, which is relatively small, is more than warranted. There is no price for a child’s life. Please parents take your child to a swimming school where a trained swimming coach can prepare them to help themselves until help arrives BEFORE taking them swimming. THEN both you and your kids can have good healthy fun. Kids as young as 6 months old can already be taught!

Smuts ·

Duidelik was jy nog nie deur so stroom ingetrek nie, groot mense verdrink ook in so geval as hulle in ‘n sleur stroom beland… jy kan ‘n atleet swemmer ook wees en dit nie maak nie.. ons het swem lesse by skool gehad toe ek klein was, ek was ook ouer as die seuntjie, maar was ek deur so stroom gevang in die kaap.. gelukkig my voet vasgehak in ‘n klip, ek was besig om te verdrink kon my ouers opdie strand sien en my ouer suster ”n paar tree van my af, en ek kon nie uit dit kom nie.. gelukkig het die lifeguard het my raak gesien, anders was ek ook nie hier vandag nie..

fredelene ·

Ek aanvaar diegene wat so klippe gooi is nie ouers nie. Onthou niemand weet wat die dag van more vir n ander persoon inhou nie. Ons as gemeenskap moet nou die gesin ondersteun en nie nog seerder maak met julle woorde. Sit jouself in daardie ouers se skoene.

YvonneL ·

“By pointing out the ‘errors’ of others we are attempting to position ourselves as better than them. People with low self esteem , people who are unhapoy in their lives, people who are frustrated withe where they are in life are most suceptible to self-righteous indignation. By finding so eone we believe to be less than or worse than ourselves and co demning them, we manage to feel some sort of superiority. ” Genadelose kritiek op hierdie soort tragedie wys dus nie hoe onbevoeg die ouers volgens die kritiseerder is nie! Sterkte aan die ouers.

leon pit ·

Ja gooi klippe mense jul was nie daar om te sien wat gebeur nie. Sterkte met die familie se verlies.

Sharon ·

Ek is skoon naar as ek dink dit kon ons kinders wees. … En nog naarder as ek kommentaar lees waar mense hul opinie lug wat hulle duidelik impulsief plaas. ‘n Kindjie is dood… Is dit nodig om so aan te gaan asof dit aspris gebeur het… Niemand verdien sulke hartseer nie

Lorein ·

Die see is baie onvoorspelbaar…. ek weet van n dogtertjie wat baie jare terug ver van see af gesit en speel het en n fratsbrander het gekom en haar ingesleer… haar oom het haar probeer red en beide v erdrink… sterkte aan die gesin…. mag God vertroosting bring

Cathy ·

How absolutely devastating! RIP little man. Hope his parents have the strength to get through this. I cannot begin to imagine their pain and anguish! Very sad.

Louis ·

Ek ken Pearlbaai by Yzerfontein gaan elke jaar daarna toe, en Pearlbaai is nie vir kinders om in the swem nie, ek wil nie eers daar swem nie, dis ‘n styl swemgebied en met een trap is jy knie diep in die water, swem liewer by Yzerfontein se strand.

Hartseer ·

Hoekom moet ons mekaar altyd stenig?

My seuntjie van 18maande het ook verdrink… Is dit ook nou my skuld dat ek hom nie aan n leash vasgemaak het nie?

So iets gebeur in n oogwink..

Het julle ouers julle nie geleer as jy nie iets mooi kan se nie bly dan liewer stil?

Hou op om die mense aan te val, jy weet nie wat gebeur het nie jy was nie daar nie.

Se eerder net RIP of Jammer om te hoor…

Dis die ergste ding wat met n ouer kan gebeur.. Support them dont judge them

Jammer kleine lyfie, Nou is jy by Liewe Jesus en al die ander Engeltjies…

Lucille ·

Baie dankie vir almal se positiewe komentaar.ons as familie waardeer dit in ons tyd van hartseer.

Kapenaar ·

Hartseer, ek glo nie almal gooi net klippe nie, maar om ‘n 4 jarige kind alleen in die see, al is dit vlak water te laat speel, is onverantwoordelik. Die see is onvoorspelbaar, en enige iets is moontlik. Ek is ‘n volwasse man, en goeie swemmer, maar ek gaan nie eers alleen op die rotse visvang nie, dit is net te gevaarlik.

Lucille ·

Kapenaar, d kind was nie alleen of sonder toesig ni. Ja, ons is hartseer, maar dit wat gebeur het is die Liewe Vader se wil. Ons het almal ons bes probeer om hom uit te haal, maar d Here het sy Wil laat geskied end daarby sal ons vertroosting vind

Esther ·

Baie sterkte vir julle in hierdie hartseer tyd, Lucille. Ons harte gaan uit na julle.

MS ·

So so hartseer! Sterkte aan die seuntjie se familie. My seuntjie is ook vier…my hart bloei vir die pappa en mamma. Ek wonder of sy liggaampie darem al gekry is. Opvolg asb Maroela.

MS ·

So so hartseer. My seuntjie is ook vier jaar oud….my hart bloei vir hierdie familie. Baie sterkte word julle toegebid. Is sy liggaampie al gevind? Opvolg asb Maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.