Vierjarige vermis in Oos-Vrystaat

Mpho Albert March (Foto: Verskaf)

Die polisie is op soek na ’n vierjarige seun wat vermis geraak het naby die Thabapatswa-nedersetting by Tweespruit in die Oos-Vrystaat. Dit volg na hy glo saam met ’n tienerseun veld toe gegaan het en nie weer teruggekeer het nie.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Mpho Albert March (4) het saam met ’n 15-jarige seun veld toe gegaan om beeste te gaan haal.

Volgens die tienerseun het Mpho moeg gelyk. Die tienerseun het vir Mpho gesê hy moet vir hom wag terwyl hy die ander beeste gaan haal wat ’n entjie van die res van die kudde af gewei het.

Makhele sê toe die tienerseun weer terugkeer na die plek waar hy Mpho gelos het, was hy skoonveld. Die gebied is glo ook dig bebos.

Mpho se ma, Anastatia March, het self na Mpho gaan soek. Toe sy hom nie kry nie, het sy die polisie van sy verdwyning verwittig.

Die polisie is steeds besig om na Mpho te soek. Hulle het honde in die veld ingestuur om sy spoor te sny.

Makhele vra enigiemand met meer inligting oor waar Mpho kan wees, om die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 te bel of hul naaste polisiestasie besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Dit moet vreeslik wees vir enige moeder. Ek het so nare gevoel oor die 15 jarige se verduideliking van gebeure, maar hoop ek is verkeerd. Vandag se kinders maak mens bang en benoud

Genis

Ek ruik n rot…