Vierling vir niksvermoedende ma

babaskoentjies repeatcrafterme_comʼn Span dokters en verpleegsters by die Benedictine-hospitaal in KwaZulu-Natal moes Sondagaand vinnig spring om op kort kennisgewing ʼn vierling in die wêreld te bring.

Nobuhle Qwabe (27) van Nongoma het tot gisteraand nie geweet sy is swanger met drie dogters en ʼn seuntjie nie.

Sy het gesê sy het nog tot onlangs voorgeboorte klasse bygewoon. “Ek het regtig nie geweet ek het vier babas nie. Ek was baie verras toe die verpleegsters gesê het ek is met meer as een kind swanger,” het Qwabe gesê. “Toe die dokters daar opdaag en die een na die ander baba gebore word, het ek nie geweet wat om te sê nie. Ek was geskok, maar ek is nou baie opgewonde.”

Dr. Sibusiso Sithole, wat in Kuba opgelei is en gebaseer is by Nkonjeni-hospitaal sowat 50 km van Benedictine-hospitaal, is omstreeks 19:00 deur verpleegsters ontbied toe hulle besef Qwabe gaan meer as een baba hê. Sithole en dr. Kenneth Mbele, ʼn mediese gegradueerde van die Universiteit van KwaZulu-Natal is saam na die hospitaal.

Sithole het gesê die babas het tussen 1 kg en 1.3 kg geweeg. “Al die babas is gesond,” het hy gesê.

Hy het deur die regering se Mandela/Castro-program aan die Santa Clara-universiteit gestudeer. Hy is al agt jaar lank ʼn dokter. “Ek het al talle tweelinge in die wêreld gebring, maar nog nooit ʼn drieling nie, om nie eers te praat van ʼn vierling nie! Dit is ʼn groot wonderwerk.” Hy het die span dokters, verpleegsters en die ma bedank vir hul samewerking. “Sy het nie enige probleme vir ons gegee nie,” het hy bygevoeg.

Die babas word in die hospitaal gehou en sal na ʼn hoësorgeenheid oorgeplaas word vir verdere sorg.

Qwabe is werkloos. Sy bly saam met haar ouma en twee sussies. Sy het ook ʼn negejarige dogter. “Ek weet nie hoe ek vir die babas gaan sorg nie,” het sy gesê. “Ek het net twee hande. Ek gaan ook hulp nodig hê met babaformule en klere.”

Dr. Sibongiseni Dhlomo, provinsiale LUR vir gesondheid, het ʼn dringende beroep op swanger ma’s gedoen om so gou as moontlik met voorgeboorte sorg te begin tydens hul swangerskappe om seker te maak ma en baba kry die beste moontlike sorg. “Dit is ʼn wonderwerk dat die ma geboorte kon skenk aan die vierling sonder enige voorval,” het hy gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Zandra ·

Baie geluk aan die ma en die span dokters maar Hoekom raak jy swanger as jy weet jy het nie werk nie?!?! Maak my vies want jy maak net die lewe vir daai kindertjies baie swaar!!!!!!!

Anton ·

Ai Zandra. ‘n Gelukwensing met ‘n byt. Daar is heelwat instansies wat met meerlinge help. Self ‘n drieling EN tweeling in my familie. Selfs al het jy werk is ‘n meerling finansieël moeilik. Kom ons hoop sy kom bydie regte mense uit vir hulp. Ek het geleer, as jy nie kan help nie, moet liewers nie oordeel nie.

Annerie ·

Eks geneig om met Zandra saam te stem. Een of meer babas….gebruik voorbehoeding as jy nie vir n baba kan sorg of een bekostig nie. Daar is deesdae genoeg inligting en gratis voorbehoeding.

Jaco Grobler ·

Kinders bekostig en sorg vir hulle….? Ek dink julle redeneer nog biedjie ‘vlak’ as ek kyk na die wêreld populasie groei, die wanbalans/tekorte aan energie en kos wereldwyd, en die feit dat meer impakteer op derdewêreld gebiede (waarna ons geleidelik oppad is) dink ek ons kinders se probleme is nie oppad waneer hulle in ons sorg is nie, maar wanneer hulle volwasse is. Ons is te geneig om na ons eie, maklik veranderbare omstandighede te kyk en die groter probleme te ignoreer, en aan te neem dis regerings en wêreldwye organisasies wat die probleem moet aanspreek.

AmY ·

Ek lees niks van ‘n man nie. Waar is die pa van die vierling? Hy hardloop seker nou nog en gaan nooit ophou hardloop nie.

En die ma? Ek kan jou amper ‘n brief gee dat sy binne die volgende drie jaar weer gaan swanger wees.

Want onse ‘geagte prezzie’ help mos met kindertoelaes… Lekker lekker man!!!

zandra ·

Jaco ek redeneer nie vlak nie, ek meen met die ‘UITSTEKENDE’ ekonomie van SA gaan alles net duurder word en hoe gaan die ma vir al die kinders omsien? Skool , verdere studies ens?
jy moet tog die kinders ‘n goeie opvoeding gee voor hulle goeie volwassenes is…. as jy nie ‘n goeie opvoeding kry nie kan jy mos nie veel in die lewe bereik nie. Nog ‘n paar ekstra vir die straat hoeke wat ons lewe in gevaar stel.

Martin ·

Daar bestaan nie so iets dat jy nie tot op die laaste nie weet jy is nie swanger met ‘n vierling nie.
Klink eerder vir my sy wou stilletjies van hulle ontslae raak.

Meraai ·

Verantwoordelikheid is die wagwoord. Alle organisasies word nou bymekaar geroep vir hulp en almal word nou opgekommandeer vir hulp, wat uit jan alleman se sak kom. Ek misgun haar nie haar fotuin van vier nuwe monde om te voed nie, maar soos tereg gese, dit is nie my verantwoordelikheid nie – waar is die pappa, waar is die familie, wat het jy gedink, jy het reeds een kind sonder werk, dit opsigself is klaar ‘n uitdaging. Ons kan nie ‘n bevolking red met hierdie mentaliteit nie – bedoelende geen verantwoordelikheidsin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.