Vierpotige pronk as held van die dag

Adze het perlemoenstropers se toerusting ter waarde van R50 000 uitgesnuffel (Foto: Verskaf)

’n Polisiehond van Port Alfred in die Oos-Kaap het Woensdag vermeende perlemoenstropers se duiktoerusting uit die bosse naby die Visrivier by die dorp uitgesnuffel.

Die geraamde waarde van die toerusting is meer as R50 000.

Die toerusting was in digte struike versteek [Foto: Verskaf]

Adze, ’n vierjarige Belgiese herdershond, het omstreeks 06:00 saam met sy hanteerder, A.O. Tertius Neethling, opgewonde gereageer op inligting oor vermeende perlemoenstropers wat vermoedelik naby die Visrivier bedrywig is.

“Die energieke Adze is uit die voertuig geneem om by die soektog aan te sluit. Hy het minute later in digte struike suksesvol duiktoerusting uitgesnuffel,” vertel A.O. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie.

Volgens Nkohli is die toerusting waarop beslag gelê is, meer as R50 000 werd. Dit sluit items soos duikpakke, pare duikvinne, duikskoene, pare duikhandskoene en uitskudgereedskap in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Wonderlik. Vreemd dat baie mense teen honde gekant is indien die hond saam met jou beweeg in die stad of voertuig, alhoewel die hond beter maniere het as mense in die algemeen.

Di ·

Wonderlike werk, net jammer hulle kon nie die stropers self op heterdaad betrap nie. Dink hierdie bedryf is baie groter as wat ons vermoed.

Swerwer ·

Adze ek salueer jou! Wys hierdie kommuniste hoe dit gedoen word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.