Vierpotiges mag nou saam in kajuit vlieg

Die nuwe lugredery Lift het ʼn diere-vriendelike vlug bekend gestel. (Foto: Lift/Facebook)

Die nuwe lugredery Lift het Dinsdag ʼn diere-vriendelike vlug bekend gestel waar klein hondjies saam met hul eienaars in die kajuit kan vlieg. Dié lugdiens het in Desember met vlugte begin.

Volgens Nicola Honey, kommunikasiebestuurder van Lift, sal ʼn kaartjie vir jou hond dieselfde kos as wat die begeleidende reisigers vir sy of haar kaartjie betaal.

Alle honde moet in ʼn troeteldierreistas van 28 cm x 20 cm x 45 cm kan pas sodat hulle onder die vliegtuigsitplek of voor hul eienaars kan inpas. Honde van minstens tien weke oud kwalifiseer ook om saam met hul eienaars te vlieg.

“Ons tree gereeld in verbinding met ons klante om hul ervarings te verbeter, en ʼn opvallende aantal reisigers het gevra of hul troeteldiere saam met hulle kan vlieg,” sê Jonathan Ayache, medestigter van Lift.

“Baie hondeienaars kan nie altyd familie of vriende inspan om na hul troeteldiere om te sien nie en troeteldierhotelle kan duur raak. Boonop wil mense dikwels hul viervoetige vriende by hul vakansies insluit, en tot dusver was dit nie moontlik wanneer jy binnelands per vliegtuig reis nie.”

Ayache sê diegene wat nie saam met honde wil reis nie, of selfs allergies is vir troeteldiere, hoef ook nie bekommerd te wees nie. Slegs ʼn beperkte aantal honde mag op sekere vlugte reis en klante wat met hul honde reis sal ʼn bykomende sitplek in ʼn spesifieke gedeelte van die kajuit moet koop. Die venstersitplek sal aan die troeteldier toegewys word en die betrokke troeteldier-eienaar moet op die middelste sitplek sit.

Besprekings moet minstens 72 uur voordat die vlug vertrek, gedoen word en alle relevante reisdokumente, waaronder veerartsenykundige verklarings en opgedateerde inentingsertifikate, moet verskaf word.

“Ons weet dat honde belangrike lede van ons klante se gesinne is, en ons is trots daarop om hierdie nuwe diens aan te bied wat kliënte in staat stel om veilig saam met hul diere in die kajuit te reis.”

Die reëls vir dienshonde is egter anders as vir gewone troeteldiere in die kajuit. Dienshonde, insluitend emosionele ondersteuningshonde en psigiatriese honde, mag soos gewoonlik hul geregistreerde eienaars op die vlug vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Deon ·

Is dit net vir honde, ek het n hanslam van n dwergbok sowel as n klein hans varkie, ek dink hulle sal ook hou van n vliegtuig rit. Hulle het ook net vier bene elk

KarooKnapie ·

Sal maar sien as die honde tydens die vlug vir mekaar begin blaf…

Anon ·

Oe, die tannies met die brakkies in hulle sakkies gaan oorstelp wees terwyl mede passasiers met onaangename honde asems, senuwee toestande, ens. genoë moet wees. Nee dankie, ek vlieg eerder met ‘n ander lugredery.

Niné ·

Dieselfde prys as n normale kaartjie vir n diertjie wat voor jou voete kan inpas. Daylight robbery.

Tong in die kies ·

Dit behoort nie ‘n probleem te wees nie. Daar sal genoeg voorsiening gemaak word op die vliegtuig se dak. Net soos met die taxi’s

Blikkies ·

Die mense wat nie van diere hou nie moet maar n ander vlug vat. Ek is bly Lift neem die mense se diere in ag.

Feite ·

Stem saam met jou en die meeste van die tyd beter travellers.

Juffrou ·

Dankie tog. Ek sal NOOIT met Lift vlieg nie! Onder die sitplek: beteken by MY voete se plek! Nee dankie, Lift!

Feite ·

In baie beskaafte lande is hierdie die norm. Afrika sal nooit bykom nie.

Porseleintjie ·

As die troeteldier nou n nood ontwikkel? Dink net die walglike reuk en almal moet maar gediend wees? Of sluit die diens badkamerdiens vir jou troeteldier in? Geen pilletjie is n waarborg dat die natuur nie gaan roep nie.

Estelle ·

Ek moet se, my hond het beter maniere as sekere mans wat so openlik langs die pad urineer!! Staan sommer in die pad se rigting. Ek deel baie eerder my vlug met diere as met sommige onopgevoedes in hierdie land.

quartus ·

Ek dink dit is wreedheid teenoor diere en sal nie van sulke vlugte gebruik maak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.