Viëtnamees vas wat glo onwettig in wild handel dryf

(Foto ter illustrasie: Unsplash)

ʼn Viëtnamese burger is in hegtenis geneem in verband met die onwettige handel in wild, asook die onwettige besit van ʼn vuurwapen nadat ʼn klopjag op eiendomme in onderskeidelik Bela-Bela (Warmbad) en Pretoria gedoen is.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van bosbou, visserye en omgewingsake, sê die inhegtenisneming volg op ʼn vier maande lange ondersoek wat in samewerking met ontleders en wildleweondersoekers gedoen is.

Die span het bestaan uit lede van die Groen Skerpioene, amptenare van die departement, die Limpopo-departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme, die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling, SANParke en die polisie.

Soek-en-beslagleggingslasbriewe is tegelykertyd op ʼn plaas naby Bela-Bela in Limpopo – wat deur ʼn Viëtnamees besit word – en twee stooreenhede in Pretoria uitgevoer.

“ʼn Viëtnamese burger is in hegtenis geneem en het Vrydag in die hof op Bela-Bela verskyn,” sê Modise.

Die saak teen hom is tot volgende week uitgestel sodat die dienste van ʼn tolk bekom kan word.

Die man word aangekla ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba).

Daar is tydens die operasie beslag gelê op leeutande van 4,19 kg, leeukloue van 680 g en verwerkte diereprodukte van meer as 60 kg wat vermoedelik leeugelatien is, sê Modise.

Die span het ook beslag gelê op ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JM ·

Wat soek die Viëtnamees in Suid-Afrika? Die land het reeds meer as genoeg korrupte inwoners!

JohanR ·

Altyd ‘n Asiate iewers betrokke – Japanese, Chinees, Koreas.

Kobie ·

Ja, en altyd ń rassistiese blanke betrokke om kommentaar te lewer..

Anton ·

Interessant dat dit jou uitkyk is. Is die Vietnamees nie ‘n Asiaat nie??

Blomme ·

Het ons regering nog nie geleer dat die buitelanders beslis nie ń aanwins vd land is nie? Misdaad in hulle lande is 0% maar hul kom jaag ons statistieke op! Het ons dan nie genoeg skurke en korruptes van onsself in die land nie?

Anel ·

As hulle misdaad pleeg in hulle land kry hulle doodstraf. Nou kom na ons toe en floreer! Kan tot plase koop. Ek kan nie in sy land ‘n plaas gaan koop nie. Ek kan nie verstaan dat ons hulle hier toelaat nie.

Hoekom ·

Is in SA en doen besigheid maar kan ieweskielik net Vietnamees praat en geen ander taal nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.