Vigs-tienersterftes het verdriedubbel

Argieffoto

Argieffoto

Die aantal tieners wat weens vigs sterf, het die afgelope 15 jaar verdriedubbel, met 26 nuwe besmettings elke uur, het die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, gesê.

Die agentskap het gewaarsku “dit is krities dat jong mense wat MIV-positief is, toegang moet hê tot behandeling, versorging en ondersteuning”.

“Terselfdertyd moet persone wat MIV-negatief is, toegang hê tot die kennis en vermoë om hulle te help om hul status te handhaaf,” het Craig McClure, hoof van Unicef se wêreldwye MIV/Vigs-program, tydens ʼn konferensie in Johannesburg gesê waar nuwe statistiek deur die agentskap vrygestel is.

Volgens Unicef is vigs die hoofoorsaak van sterftes onder tieners (15 – 19 jaar oud) in Afrika en die tweede grootste oorsaak van sterftes onder tieners wêreldwyd. In sub-Sahara-Afrika, die streek met die meeste gevalle, word meisies baie meer hierdeur geraak, naamlik 7 uit elke 10 nuwe besmettings onder 15 – 19-jariges.

Onder MIV-besmette bevolkings, is tieners ook die enigste groep waar sterfgevalle nie afneem nie, volgens die statistiek deur Unicef.

Unicef het ook aangedui dat slegs 1 uit elke 10 tieners in sub-Sahara-Afrika getoets word vir MIV.

Volgens Unicef word minder as die helfte van kinders jonger as twee maande oud getoets vir MIV. Slegs een uit elke drie van die 2.6 miljoen kinders jonger as 15 wat MIV het, ontvang behandeling.

Unicef het gesê die nuwe inligting dui daarop dat meeste tieners wat weens vigs-verwante siektes sterf, ongeveer 10 – 15 jaar gelede MIV opgedoen het toe hul babas was, toe minder swanger vroue en ma’s behandeling ontvang het om oordrag aan hul babas te voorkom. “Hierdie kinders het tot in hul tienerjare oorleef, onbewus dat hul MIV positief is.”

Die nuwe data toon dat nagenoeg 1.3 miljoen nuwe besmettings onder kinders sedert 2000 verhoed is, danksy die vooruitgang wat gemaak is in die voorkoming van ma-tot-kind-oordrag van MIV.

Die nuwe data wys dat 26 nuwe besmettings onder tieners elke uur plaasvind en ongeveer die helfte van daardie kinders is in ses lande: Suid-Afrika, Nigerië, Kenia, Indië, Mosambiek en Tanzanië.

“Die vordering wat ons gemaak het om te verhoed dat MIV van ma na kind oorgedra word, is prysenswaardig,” het McClure bygevoeg. “Onmiddellike beleggings is egter nodig om besmette kinders en tieners te help.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rietrot ·

As jy na hul leefwyse kyk,dan kan ek dit verstaan. Dit kos die land baie vir hul losbandige plesier.

Elbie ·

Stem saam Rietrot, hulle begin mos al op laerskool grootmens speel…..

Nina ·

Genugtig… Daar word tog nou al HOEVEEL JAAR info beskikbaar gestel! Rerigwaar! Pleks die KINDERS eerder hul beentjies toe hou en broekies ophou. Opvoeding begin tog by die huis.

Elmarie Pretorius ·

Skokkend en ons nuwe seksuele wet help niks. Dit gee tieners van ouderdom 12 jr mos die reg al is dit net met 2 jr ouderdom verskil. Dit is absoluut skokkend ons jeug Daar MOET TERUG NA BASIC GAAN EN STENG OUERS HE EN GEHOORSAME KINDERS NIE ANDERS OM

Monica ·

Dit is skokkend. Baie Jong tieners wend hul na ‘Sugar Daddies’ om te ontsnap van hul armoedige omstandighede. Mooi beloftes teen ‘n baie duur prys van emosionele wanbelans in grootmense wat jong kinders se omstandighede misbruik. Dit was in ‘n dokumentêr toe ek geleer het vir ‘n HIV/AIDS Peer Educator.

A mY ·

Tieners van vandag lewe werklik baie losbandig. Dis asof hulle wil kyk met hoeveel ouens of meisie a hulle kan slaap en hulle gee nie om by wie daai persoon voorheen geslaap het nie. Boon-op sterk die regering hul in hul kwaad met die baie gerieflike toelae.

Elanie ·

Gaan kyk wat leer die kinders in Lewensorientering (LO). Party kinders weet meer as hul ouers. Hulle gedagtes word so geprikkel. Hulle word soveel meer aan seks blootgestel as ‘n paar jaar tevore. Ouers moet asb kyk na wat hulle kinders op skool leer en dan self dit nodige gesprekke voer. Dit is ons Christelike plig om ons kinders volgens Bybelse riglyne te leer – geen seks voor jy getroud is nie. Miskien moet die ouers ook weer terug keer na God se riglyne vir ‘n goeie lewe.

Charlene ·

Dis omdat vandag se kinders geen maniere en / of respek het nie. dis omdat almal bang is ons gana hulle siele afbreek! dis omdat niemand meer aan `n ou bloeisel mag slaan nie. Jammer ek glo aan lyfstraf – nie mishandel nie. Ek weet as sou hard pak gekry het as ek so `n klein straat merrie was, dis verseker. Hell ek sou die plant hand kry oor net daai gedagte! Los hulle laat hulle sterf man hulle wou mos hulle self goed koop hou. Gebruik die geld liewers om die mense te help wat agv van verkragting en `n misdaad die siekte op tel. Dis omdat die land so slapg@t is dat ons sit waar ons sit. Bring lyfstraf en doodstaf terug en die land sal hemel op aarde wees vir die regverdiges.

Jennifer ·

Sou die ANC regering besef, dat al die “grants” wat aan kinders uitbetaal word ,juis die rede is dat tieners onbeskermde seks het, My seun se 17jarige vriend vertel dat by sy hoErskool (sic) in swart woonbuurt van die gr 8 meisies tussen een en drie babas het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.