Viljoenskroon-moord: Twee vir eers agter tralies

Dave Wessels.

Die twee verdagtes wat die afgelope week aangekeer is in verband met die moord op Dave Wessels (66) bly vir eers agter tralies.

Wessels se liggaam is Sondag in sy huis op die kleinhoewe wat hy buite Viljoenskroon gehuur het, aangetref. Hy is vermoedelik gewurg en aangerand. Sy liggaam is netjies onder beddegoed op ʼn bed in een van die huis se spaarkamers aangetref. Die huis is geplunder.

Die twee verdagtes is vroeër in die Viljoenskroon-omgewing aangekeer en het vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn.

Die saak teen hulle is tot Vrydag uitgestel.

Talle polisievoertuie staan Sondag by die huis waar Wessels vermoor is. (Foto: Ignnaz Streicher)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Goed so, laat hulle sit. Sal interessant wees om te hoor of hierdie twee ook reeds kriminele rekords het soos die een wat Brendin Horner vermoor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.