Villa Rosa kom tot ʼn einde

Foto: Villa Rosa/Facebook

Foto: Villa Rosa/Facebook

kykNET het bevestig dat die sepie Villa Rosa, wat elke weeksaand op die kassie te sien is, tot ʼn einde gaan kom.

Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse TV-kanale, het gesê kykers kan egter nog tot 31 Maart 2016 in die lief en leed van die Villa se geliefde inwoners deel.

Villa Rosa was kykNET se heel eerste eie sepie en het ʼn sleutelrol in die groei van die kanaal se kykerstal gespeel. Soos met die leeftydsiklus van sovele projekte kom daar ʼn tyd vir vernuwing.”

Volgens Meiring is die besluit deel van M-Net se fokus op groter belegging in plaaslike inhoud. Kykers kan van 1 April 2016 af uitsien na ’n splinternuwe sepie.

kykNET het Woensdag aangekondig dat sy ontbyt-en-leefstylprogram, Dagbreek, van 3 April 2015 af tydelik nie meer gebeeldsaai gaan word nie.
Maryke Allers, woordvoerder van kykNET, het gesê die laataand-aktualiteitsprogramme, wat geskoei is op die Dagbreek-platform, word ook hierdeur geraak. “Meer besonderhede oor die laataand-skedule van April af sal binnekort bekend wees,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

elna ·

ag nee asb!!! vertel my julle jok.ek kan eenvoudig nie hiri slegte nuus verwerk nie

Takkie Takuuza ·

Maak maar daardie ou afskeep kanaaltjie maar toe. Drie kanale vir die Afrikaanses waarvan die een eintlik ‘n re-run van die ander is of presies dieselfde uitsaai en die derde musiek videos speel op herhaal gestel.

Cindy ·

@Takkie, ek stem saam – al 3 kanale is n re-run van alles…. ek dink Karen Meiring het eintlik bedoel n tyd van nog herhalings in plaas van n tyd vir vernuwing…. ek kyk elke dag Villa Rosa maar raak net meer ge-irreteerd oor hoe stupid die Villa se inwoners is daar sal altyd iemand wees wat hulle in doen en hulle sal altyd val daarvoor…. LOL Maar tog kyk ek dit getrou elke dag :)

Maria ·

Die jaar datum vir Villa Rosa Sepie is seker 31 Maart 2015 ???? want dit s dat nuwe reeks begin 1 April 2016

Theresa ·

Tyd ver vernuwing. Ag my magtig – en die maan is groen. Almal weet wat aan die gebeur is alhoewel ek SO dankbaar is dat die vervelige sepie tog heengaan.
Takkie en Cindy – ek kon dit nie beter gestel het nie.

Jan ·

Ek het gister kommentaar gelewer op die ‘Dagbreek” artikel, dis tweekeer verwyder ! Vandag is dit ‘Villa Rosa”, Hier steek ietsie groter agter dit alles. ( “mark my words”)

Sune van Heerden ·

Dagsê Jan

Dankie vir jou deelname! Jou kommentaar is egter gister verwyder aangesien dit nie aan ons Bepalings en Voorwaardes vir kommentaar op Maroela Media voldoen het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marlene Oosthuizen ·

Dankie tog. Die storie is nou al vir lank baie voorspelbaar en afgesaag. Ek kyk nou maar 7de Laan – baie beter

Chris ·

Hulle kan gerus KYKNET na SEPIENET herdoop. Ek kyk nie sepies nie want dit is hoogs vervelig. Kan die Afrikaaners niks anders uitdink as stupid sepies nie. Maak die 2de herhaal kanaal die SEPIENET Kanaal en begin om ander programme op te sit wat ‘n mens darm kan kyk op die Kyknet kanaal. Vroeer jare kon jy darm nog goeie dinge sien op SAUK veral vakansie tye as daar alle lekker dinge gewys was wat mense aanvang op die strande al die pret. Nou is dit ‘n vervelige afgewaterde kanaal met net hier en daar iets om na te kyk. Groen word superkort gehou jy het skaars begin kyk dan is dit klaar. Sepies word Super lank gehou VERVELIG!!!!!!!!!

pop ·

Die Karen Meiring jaag net aan. Daar is mense wat die sepies waardeer en dis al familie wat ons naderhand het. Eers sit sy rubbish op Villa Rosa se tydgleuf en nou haal sy dit af. Ok so waarna moet ons kyk in ons eie taal?????Die komedies wat hulle op het is nie eers naastenby snaaks nie. LOS ONS SEPIES ASB UIT

Frik ·

Kyknet boer met n krag agteruit, los Villa Rosa en raak ontslae van al die herhalings. Julle jaag julle kliente weg deur julle optrede.

Estelle ·

Los ons sepies uit!! Dis ontspannend!! Haal die baie herhalings van ou oukomedies uit! Dis nie meer snaaks nie.
Ek stem saam, hier sit iets meer agter. Wonder net wat??

Jan ·

Estelle, wie is die base van KYKnet………..NASPERS…… en NASPERS is die liberale !

Alet ·

Ek huil sommer nou al. Stem saam, Los die series en haal herhalings af.

Theo Landman ·

Ek wil net weet hoekom is AL Kyknet kanaal 144 se programme na 1800 nie geskik vir kykers onder 13 nie. Waaraan moet ek dan my kinders aan Afrikaans blootstel. Absoluut belaglik

Chantelle Finlayson ·

Villa Rosa is die beste sepie ooit! Jammer die Villa familie verlaat ons. Maar niks hou veraltyd nie en ek kan net die akteurs voorspoed toewens met de toekoms en dankie vir elkeen se deelname in die program.

willie ·

Die Liam sage raak nou werklik afgesaag. Doen tog iets daaraan . Spoedig !

Susan van Zijl ·

Liam gaan nou so baie van Villa Rosa se inwoners en hulle familielede kwaad aandoen!! Hoekom maak hy nie almal in die Villa toe (sodat hulle nie kan ontsnap nie) en steek die plek aan die brand nie!!!!! Stem saam met willie 14 Mei 2015! Dit raak nou afgesaag dat hy almal kan seermaak en dan kom hy daarmee weg. Nou is dit nog arme Louw wat ook nie meer Vicky en Marius se kind is nie!!! Ag, nee wat! Die reeks maak een van die dae klaar. Hoekom kan daar nie meer geluk, vrede en vreugde wees nie!

Ilse ·

Dit is baie sleg dat ons altyd na die ou storietjies van toeka moet kyk oor en oor en oor. Ek kan nie verstaan hoekom daar 3 kanale van kyknet is as al drie kanale nie ten volle benut kan word nie – dit kos seker geld. Hoekom nie net een kyknet kanaal met oordentlike programme nie – daar is baie talent daar buite maak gebruik daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.