Villiers-plaasaanval: Een verdagte doodgeskiet, twee vas

‘n Vuurwapen wat vermoedelik tydens die plaasaanval gesteel is. Foto: SAPD

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die aanval verlede week op ʼn plaas naby Villiers in die Vrystaat, toe ʼn boer met ʼn ysterstaaf aangerand en ure lank vasgebind is.

Maroela Media het vroeër berig vier aanvallers het Jan Lourens, in sy 70s, Woensdag omstreeks 17:30 in sy huis oorval. Hulle het Lourens met ʼn ysterstaaf geslaan en geëis dat hy die sleutels van die kluis oorhandig. Hulle het verskeie vuurwapens uit die kluis gesteel en Lourens se hande en voete vasgebind voordat hulle gevlug het.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes was Maandag op soek na veediewe, toe hulle op ʼn daggahuis in Qalabotjha naby Villiers afgekom het. Die polisie het die perseel deursoek en ʼn aantal vuurwapens en minstens 270 patrone gekry, wat vermoedelik tydens die aanval op Lourens se plaas gesteel is.

“Twee verdagtes, onderskeidelik 31 en 41 jaar oud, is in hegtenis geneem,” het Hani gesê.

Die ondersoekspan het daarna inligting ontvang dat ʼn derde verdagte in Grootvlei, naby Balfour in Mpumalanga, is. Hulle het polisiebeamptes in Mpumalanga versoek om die verdagte in hegtenis te neem. “Toe die polisie daar aankom, het ʼn skietgeveg tussen die verdagte en die polisie ontstaan en die verdagte is doodgeskiet,” het Hani gesê.

“ʼn Vuurwapen, wat ook vermoedelik tydens die aanval gesteel is, is teruggevind. Die oorledene was 26 jaar oud.”

Hani het gesê die polisie is steeds op die spoor van die vierde verdagte en verwag om hom binnekort vas te trek.

Lees die reeks indiepte-artikels wat Maroela Media in Februarie oor plaasaanvalle in SA gedoen het hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Geregtigheid Seèvier ·

Uuteindelik ‘n bietjie geregtigheid wat seëvier nadat hierdie skurke ‘n arme oumens aangerand en beroof het. Ek Bid daagliks dat hulle almal met die volle mag van ‘n vuurwapen kennis maak, want hulle huiwer nie een oomblik om ‘n onskuldige mens dood te maak nie !!!!!

Lee ·

Goeie werk SAPS! EEn minder vir wie ons belastingbetalers in die tronk moet sorg!!

Naomi Berger ·

Baie trots op ons SAP.
Nie almal is korrup nie.
Baie dankie.
Werk veilig….. julle is kosbaar

Welgedaan ·

SAPD is tops met die vaspen van hierdie manne, die probleem is wat gebeur daarna? Die saak word laat vaar agv ‘te min bewyse’ en more sien die slagoffer weer sy aanvallers in die dorp by ‘n plaaslike kruidenierswinkel shopping doen. DIT is die probleem, die Polisie doen nog hulle werk, daarna het hulle geen beheer nie en die manne stap op borgtog van R50 weer die hele wereld vol.

christine ·

Ek gaan na Angus se diens die 22ste daarna gaan ek terugkom en my verlustig in die wonderwerk wat ons dierbare God vir ons gaan doen.

Bella ·

Nou hoe de Joos het hulle van die kluis geweet? Mense moet hul monde hou en verseker weet daardie werker in jou huis hou haar oe en ore oop. Ook hou sy wat sy gesien het nie vir haarself nie. Vertrou niemand nie!

Knap werk ·

Knap werk SAPD en lekker om te weet jul volg sake en leidrade op. Doen so voort, mag elkeen maar probeer terugskiet en hierdie akkurate Polisiebamptes daar wees. Jammer dit is nie my persoonlikheid nie, maar hierdie koelbloedige moordenaars het tot dit van my gesteel, nie net al die vuurwapens, geld en juwele nie. Hoop die Omie herstel nou sommer met ‘n lekker hart.

Gesie ·

Welgedaan SAPD! Dankie tog dit was die SAPD wat die verdagte doodgeskiet het. Was dit iemand anders was hul dalk nou in groot moeilikheid.

Sandmuis ·

Omdat hulle gemartel het… Moet daar nou vir hul gevra word vir wie hul stem

Francie ·

Hulle verdien verseker al die gelukwense. Dit was vir hulle ‘n prioriteit en die mense van Villiers is trots op hulle.

Jason ·

Ek is vsn daai dorp af en het families nog daar broer en so ek kan jou se laas jaar toe slaan due poliesie my omdat die een ou oor sy kind se hond gery en nie eers gestop nie en my skoon sus geklap in die gesig terwyle sy ha kind in die arms het en my broer in n poliesie bakkie in gegooi en hom da in geslaan terwyle een hom vashou dinge ruk uit hand uit als gaan oor rasis en all daai goed nee hell iewers moet daar stappe gevat word in villiers

joe ·

Almal bedank die SAPD? Bedank eerder die Oom. Hy het iets reg gekry wat die SAPD te bang is om te doen! Knap gedaan oompie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.