Villiersdorp-brand ‘nie bedreiging vir Kaapstad’

Die brand op die berghange van die Kaapstadse woonbuurt, Glencairn Heights. Foto: ANA

Die brand op die berghange van die Kaapstadse woonbuurt, Glencairn Heights. Foto: ANA

ʼn Brand wat al ʼn week in die Wes-Kaapse Villiersdorp-berge woed, sal waarskynlik nie na Kaapstad versprei nie, het ʼn woordvoerder van die stad se brandweerdienste gesê.

Theo Layne, woordvoerder van die Stad Kaapstad brandweerdienste, het Sondag gesê ʼn verandering in windrigting blaas die brand nou oor die Helderberg berge aan en nie in die rigting van die stad nie.

Hy het gesê ʼn brandbestrydingspan is egter gestuur om ondersoek in te stel. “Inwoners wat onseker is of rook van die Villiersdorp brand of ʼn ander brand afkomstig is, moet dadelik die noodinbelsentrum skakel,” het hy gesê.

Intussen het nog ʼn brand Sondag op die berghange van die Kaapstadse woonbuurt, Glencairn Heights, uitgebreek.

Layne het by navraag gesê drie brandweerwaens en twee watertenkers is dadelik na die gebied ontplooi om die brand te blus. Tafelberg Nasionale Parke is ook gevra om te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ludwig ·

Villiersdorp-brand wat Kaapstad bedrieg? Dit klink na bog-kommentaar, want daar is nog baie kilometer tussen Villiersdorp en Kaapstad, plus nog ‘n berg of wat ook!

Ludwig Visser ·

Doodreg, Elize. Dit was net die tikvinger wat bedrieg het!

Roger ·

“African News Agency” moet asseblief ‘n landskaart aanskaf in die nuwe jaar. Villiersdorp is twee dae te perd van die Kaap….

Pieter Koen ·

Die brand sal nie tot in Kaapstad kom van Villiersdorp af nie, want dis juis onmoontlik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.