Vinnig spring om rybewys te hernu

Die hernuwingsagterstand wat weens die Covid-19-grasietydperk veroorsaak is, sal na verwagting teen September vanjaar weggewerk wees. (Foto: Maroela Media)

Die departement van vervoer het ʼn beroep op motoriste gedoen om hul rybewyse te hernu voor dit verval, sodat enige bykomende koste vermy kan word.

Die departement sê hy is op dreef met die produksie van uitstaande lisensiekaarte en die bottelnek wat tussen November verlede jaar en Januarie vanjaar ondervind is, behoort teen April ingehaal te wees.

Maroela Media het vroeër berig die algehele agterstand van bestuurderslisensies wat op 31 Maart verval, staan landwyd op 2,1 miljoen. Landwyd moet meer as 1,2 miljoen lisensies uit ʼn geheel van 2,8 miljoen rybewyse wat reeds verval het, ook nog hernu word.

Die hernuwingsagterstand wat weens die Covid-19-grasietydperk veroorsaak is, sal na verwagting teen September vanjaar weggewerk wees.

Intussen bly motoriste se lisensies wat op 31 Maart vanjaar verval, vir nog drie maande geldig, mits die motoris nog in besit van sy ou rybewys is. Motoriste moet ook met ʼn kwitansie kan bewys dat hulle reeds aansoek vir ʼn nuwe rybewys gedoen het.

Die bepaling geld ook vir diegene wat sedert 25 Februarie tot 31 Maart aansoek gedoen het of aansoek gaan doen vir ʼn hernuwing. Dié rybewyse bly ook geldig vir ʼn verdere drie maande.

Motoriste wat aansoek doen vir ʼn rybewys nadat dit verval het – dus ná 31 Maart – moet aansoek doen vir ʼn tydelike rybewys. Die koste verbonde hieraan wissel van provinsie tot provinsie.

Volgens die departement is die onlangse dispuut met bestuurskole opgelos en alle lisensie- en toetssentrums is weer oop vir sake soos gewoonlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Roek ·

Kan iemand my inlig oor wat die ekstra koste sal wees indien jy nie die spertyd haal nie, volgens my beperkte kennis maak die wet glad nie voorsiening vir enige boetes met die hernuwings proses nie en indien daar nou so iets is sal dit totaal onbillik wees teenoor die padverbruiker!

Thelsa ·

Het 6 maande voor my lisensie verval dit al hernu. (Augustus 2021). Wag nog op my lisensie. Het al persoonlik vir Min Fikile Mbalula geskryf en gevra vir ‘n oplossing en wag nog steeds op sy kantoor se antwoord. Ek het nie meer hoop nie en ry maar steeds op my ou lisensie. Sal graag in die hof wil verduidelik.

Alfred E Neuman ·

Die lisensiekaart is natuurlik n foefie en al rede daarvoor is kader verryking. Al wat hulle n wettige been het om te staan is die oogtoets. As jy dus met n wettige geslaagde oogtoets sertifikaat in jou motor het en gestop word en dit toon, is my mening dat geen hof jou dan kan vervolg nie. N regskenner se mening hieroor sal verwelkom word.

JohnnyS ·

Dit is slegs die kaart wat ‘n verval datum op het. Solank jy ‘n leesbare kaart in jou besit het, MOET dit volgens Artikel 78 (1) Nasionale Padverkeerswet, as prima facie bewys aanvaar word dat daar ‘n geldige bestuurderslisensie op die rekord van bestuurderslisensies is vir jou. Lees maar gerus Artikels 1 / 12 / 18 / 78 van die Nasionale Pad Verkeerswet 93 van1996 en Regulasies 1 / 101 & 108 soos in GNR 225 in Staatskoerant 20963 van 17 Maart 2000.

Roek ·

Die tydelike lisensie sal ek nie uithaal nie, my lisensie is mos geldig net die kaart verval en die wet se uitdruklik , dit is ‘n oortreding om 2 van die selfde lisensies te he, nie dit is uit en uit ‘n, geldmaak storie, oogtoets sertifikaat is ook nie verlpligtend nie en is vir ‘n baie beperkte tyd geldig en is dit alleenlik vir bestuurderslisensie hernuwings, daar bestaan geen Regulasie in die padverkeerswet wat toegepas kan word ten opsigte van ‘n klagstaat met ‘n afkoop boete nie ! Die kaart storie PRODIBA ( die kaart drukkers) is ook een van Mr Shaik se babas!

Jr ·

Nog n portefielja wat Hardy ( lesufi = laurel, fikile= hardy of maybe tweedledum en tweedledee) op geneuk het. Hy is soos sissy sisulu deur elke dept en net choas agter gelos. Viva kaders

Annamarie ·

Het Desember reeds hernuwing gedoen, aangesien my lisensie in Januarie 2022 verval.
Na 3 maande nog geen “nuwe kaartjie” ontvang.
Het alreeds “BYKOMENDE KOSTE AANGEGAAN”, @R84.00 vir n tydelike lisensie.
Nou wat word gedoen aan die verbruiker se “Bykomende Koste”???? Duidelik word dit weer onder die mat ingevee!!!

SjN ·

Ek het voor die spertyd my een voertuig se lisensie hernu op natis online en betaal, bevestiging is wel ontvang en sou per koerier binne 3 dae afgelewer word teen R99 ekstra koste, n maand later, nog niks ontvang. Wat nou?

Derick ·

Ja nee. Die Wet van Transvaal sal maar toegepas word. Maak nie saak wie se toedoen dit is nie. Bly om te sien die blaam word op Covid gelpaas en nie meer op ou Jan van Riebeeck nie.

Anel ·

Nou wil ek weet, mens moet afspraak maak, jy kry dit, by n plek wat nie naby jou is of tyd wat jou pas nie. Nou kom jy daar, staan nnog steeds in ‘n elle lange tou, jiu afspraak maak geen saak nie. Dan na ‘n ruk kom iemand uit en sê die stelsel is af, landswyd en weet nie wanneer dit weer gaan aankom nie. Jy het nou ‘n dag verlof gevat. Nou word daar maar gewag. Na ‘n ryk kom een weer uit en sê niemand sal cerder vandag gehelo word nie. Nou wat nou. ‘n Hele dag gemors. Het nie verlof om weer af te vat nie, maar dit is jou skuld. Jy het jou lisensie gekry, wettig. Hoe verval hy as jy nie vir ‘n misdaad soos strafbare manslag of roekelose en nalatige bestuur aan gekla is en dat die hof jou onbevoeg verklaar om te bestuur nie. So ‘n geldmaak storie en ons as verbruikers lei daar onder. Iets moet gedoen word om die spul te stip. Tydelike lisensies is ook net geld mors. Maar dit is maar my opinie.

OW ·

Jy is heeltemal reg.Die bestuurslisensie word eenmalig wettig uitgereik.Hy kan nie verval nie.Net die kaart verval.Die minister van vervoer praat net en is verder onbevoeg om hierdie uit te sorteer.Dit is net ‘n administratiewe aangeleentheid.Dit is hoogtyd dat meer plekke oopgemaak word vir hierdie proses,maar die ANC klou vas net aan die bestaande toetssentrums.

JohnnyS ·

Asseblief MM – Kry die bewoording reg. Jou bestuurders lisensie verval nie. Jy doen aansoek vir ‘n nuwe kaart (wat net ‘n bewys is dat jy wel wettig ‘n lisensie verkry het) Neem ook kennis dat daar geen wettige verpligting is om aansoek te doen vir ‘n nuwe kaart. Reg 108(5)(b) bepaal dat ‘n persoon KAN (nie moet) aansoek doen vir ‘n vervangings kaart. Artikel 78 (1) bepaal duidelik dat jou leesbare kaart MOET onder alle omstandighede as Prima Facie bewys aanvaar word dat ‘n wettige lisensie op rekord is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.