Vinnigste Gautengse spoedvraat ooit aangekeer

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn 37-jarige man, wat “die vinnigste man is wat nog ooit in Gauteng aangekeer is”, is Woensdag vrygelaat op borgtog.

“Die man is Maandagaand omstreeks 21:30 op die R21 in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy met sy wit Mercedes Benz glo teen 239 km/h gery het,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, aan Maroela Media gesê.

Volgens Nxumalo is dit die persoon wat nog die vinnigste gery het wat hulle ooit aangekeer het.

Die bestuurder het beweer hy het nie besef hy ry só vinnig nie, “omdat sy motor so vinnig kan ry”.

“Hy is dadelik in hegtenis geneem en na Lyttelton-polisiestasie geneem waar hy formeel aangekla is van roekelose of nalatige bestuur,” het Nxumalo gesê. Hy het Woensdag in ʼn hof in Lyttelton verskyn en is vrygelaat op borgtog. Die saak is uitgestel tot laat in Januarie 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Varkie ·

Hehe my 1-liter karretjie kan maar 150 km/h ry dan skop die rev-limiter in.. en buitendien ek kry 22km n liter as ek 110 km/h ry so wats die punt om so te jaag ai

Carol ·

Sluit die jaagduiwel toe. Verkoop sy motor om vir onskuldige slagoffers van motor ongelukke agv spoed te ondersteun. En o ja doen dit asb!!!! ” net omdat julle kan”

Jan Nel ·

Die probleem met hierdie persoon is, dat hy die boete met ‘n glimlag gaan betaal in ruil vir ‘n geraamde uitdruk van hierdie berig bokant sy kroegtoonbank.

Mariaan ·

Wat is die punt in elk geval om so vinnige motor te koop. Ons spedgrens is 120. Gaan jaag op ń plek waar jy nie die wet oortree en ander se lewens in gevaar stel nie.

peter ·

As my kar 300 kan ry hkm nie. Ek betaal dan baie vir so n kar. Ek gaan nie spark of n getz ry nie. Hkm maak hulle dan n sekere kar wat met n Po begin wat 320km/h kan ry. Hkm verkoop hulle drank as dit mense dood en agresief maak. Hkm verkoop hulle sigarette as hulle weet dit maak siek en dood. Vuurwapens!

Tannie ·

Ja Andre, “dis sy kar”. Seker sy saak as hy homself die ewigheid wil inhelp “met sy kar”. Ek het egter ‘n groot probleem daarmee as so jaagduiwel ander mense se beserings/dood “met sy kar” veroorsaak. Ek is onlangs verby ‘n ongeluk waar ‘n jaagduiwel agter in ‘n vragmotor vasgery het. My eerste gedagte: “Ek hoop hy was alleen in die kar.” My tweede gedagte was aan daai arme ma en/of vrou wat die oproep met die slegte nuus gaan kry. My derde gedagte was simpatie aan die nooddienswerkers wat daai gemors moet opruim “in sy kar”.

Henk ·

Dis dalk sy kar maar dis nie sy pad nie. Op Kyalami of die Duitse Autobahn kan jy so vinnig ry as wat jy wil – hulle is ontwerp daarvoor. ‘n Nasionale pad in SA is nie.

Verantwoordelike mense gebruik karre – en drank, sigarette, vuurwapens of wat ookal – op so manier dat dit nie hulle medemens benadeel nie.

jemma ·

Jy is reg!!! En dis nie spoed wat ongelukke veroorsaak nie ma ondeurdagte , roekelose,nalatige bestuurders wat dom besluite maak!

leon ·

Julle wat die spoed goed praat gaan die eerte persone wat gaan skree sluit hom toe as hy een van jou familelede dood met daardie spoed dink twee maal voor julle hoe spoed regvrrdig

zoom zoom ·

Peter.
Ek stem saam met jou Peter. In Centurion ry die taxi’s net waar hulle wil en met so vinnig as hulle wil
Breek elke reel in die padwet noel. Maar hulle kom weg met dit want die regering is Te slap om die taxi bedryf aan te vat.

Paul ·

Die ou was waarskynlik veel meer in beheer van sy motor as die roekelose taxi bestuurder wat normaalweg almal se veiligheid in gevaar stel en die pragtige dametje wat teen 50 km/h gou haar grimering doen en terselfdertyd vir wie ook al ‘n WhatsApp stuur oor ‘n triviale onbelangrikheid.

Chris Ws ·

Sy voertuig moes sumier gekonfiskeer geword het.Hy kan duidelik nie eers ‘n spoedmeter lees nie!Ek dink dit het tyd geword dat dat mense wat die spoedperk met meer as 20km/h oorskry op enige pad se voertuie gekonfiskeer word .Spoedperke is daar vir padgebruikers se veiligheid-ALMAL sn.Nou toe gooi maar die klippe.Eendag dan beland een van julle self in ‘n ongeluk dan praat ons weer!Dit keer mens se lewe op sy kop.Vra my ek weet en ons is van AGTER af ingejaag deur ‘n spoedvraat!

Paul ·

Begin met jou veldtog by enige robot waar die taxis (amper almal) en baie “normale” bestuurders nie besef dat die rooi lig beteken dat jy moet stop nie. Hul gedrag is baie, baie meer gevaarlik as iemand wat te vinnig ry.

Chris Ws ·

Dis jou mening Paul.Myne verskil.Ek sal met graagte vir jou fotos epos van my kar na iemand op ‘n grondpad teen ‘n spoed van 120+km/h van agter in my vas is waar ek wou regs indraai by ‘n boer se plaas .Dit terwyl hy in sy beeedigde veklaring noem dat hy niks voor hom kon sien in die stof wat my kar gemaak het nie!

Paul ·

Chris Ws,
Die ou wat teen 120 km/h op ‘n stofpad ry is eerstens roekeloos want min voertuie is veilig op die oppervlak teen die spoed en as sy sig beperk was, was hy ‘n idioot om so vinnig te ry. As jy vinnig wil ry moet die pad en sig dit toelaat soos bv op ‘n goeie snelweg. Die ou wat jou gestamp het, was ewe roekeloos as die taxibestuurder wat oor die rooilig jaag en mense se lewens neem in kop-aan-kop botsings.

KP ·

Spoed is nie die groot oorsaak van ongelukke nie maar verbysteek op sperstrepe daarom die groot hoeveelheid kop aan kop botsings. Kan ons statistieke kry van ongelukke waar taxis betrokke was teenoor vinnige motors soos MB, BMW.

Piket ·

Spoed is die oorsaak van baie ongelukke! As jy nie teen n “ontoelaatbare spoed” ry nie waarom sal jy dan op n sperstreep wil verby steek? Kyk maar na die verwronge oorblyfsels van motors wat in botsings was en dan sê jy weer spoed is nie n faktor nie!

Koos ·

Ja nee almal skree altyd spoed spoed. Maar die bewyse is daar dis nie spoed nie dis roekeloose bestuur. Verbysteek op sper streepe. Blinde draaie en daai is gewoonlik taxis. Dan praat ons nou nie eers van onpadvaardige voertuie nie soos taxis veral, en dan jaag hulle teen n spoed wat hy nie voor ontwerp is nie. Klim in eengige duitse motor wat padvaardig is jy kan 200km/h ry en jou pinkie op stuutwiel hou en dood briek trap. Daai motor sal in n reguit lyn stop.

Ek dink ook groot verstrasie kom by klomp muskruiers op die pad wat in 60 zone 40 ry en 120 zone 80 of 100 ry. Dan kry jy daai wat in die vinnige baan dit ook doen. Daai mense se lesensie moet af gevat word(hulle ken nie “keep left pass right”)

Paul ·

KP,
Jy is iemand met wysheid. Die roekelose bestuurders waarvan jy praat is baie meer gevaarlik as iemand wat vinnig ry. Om nie te stop vir ‘n rooi robot, sperstrepe te ignoreer, selfoon in die hand bestuur en grimering doen terwyl sy ry, taxibestuurders met geen padmaniere is baie meer gevaarlik as iemand wat in ‘n goeie veilige motor vinnig ry.

Chris Ws ·

KP net een vragie aan jou:as ek roekeloos ry teen 100km/h en ek ry in iemand vas sal die ernstigheids graad van daai ongeluk dieselfde wees as ek presies so roekeloos ry teen 200km/h en in dieselfde botsing met die iemand is?Jou stelling oor die rol wat spoed speel hou nie water meneer.Wetenskap op hoerskool gee mens al genoeg kennis om daai sommetjie te maak.

t ·

Teen 240 km/h beweeg jy teen 66,7m/s. Die gemiddelde, wakker, gesonde mens se waarnemingstyd en reaksietyd is ongeveer 215ms. Dit beteken dat die gouste wat hy begin rem is na ongeveer 30m. Normaalweg is reaksietyd nader aan 1 sek. wat hom reeds 66meter nader aan die ongeluk bring. Die bestuurder van daardie motor moet toegesluit word vir openbare onnoselheid.

Carol ·

Ek stem saam. En dan moet hulle hom na elke noodlottige ongeluk waar spoed en onnoselheid die oorsaak is vat sodat hy kan sien wat doen dit.

Tiger ·

Ek stem!Kan aan enige iemand wat se te vinnig ry vir omstandighede is nie gevaarlik nie ,fotos van ons ongeluk epos en dan kan hy/sy weer besin.Na 3&1/2 jaar kan ek nog nie self loop nie en kan ek niks self doen nie.En ons het amper stil gestaan(my man was besig om regs te draai op ‘n grondpad by ‘n boer se plaaspad in) toe ons van agter af deur ‘n spoed vark ingejaag is.Kom ,gee my jul epos adresse en ek stuur fotos aan met plesier!Ek stem dat taxi bestuurders ook gevaarlik bestuur maar hulle is beslis NIE die enigste gevaar op ons paaie nie.Diepersoon wat in ons vasgejaag het is ‘n blanke terloops,wat mens sou se behoort verstand te he.

Nico ·

Daar is mense wat vinniger ry as dit. Verkeer is lyk my nie vinnig genoeg om die ander te vang nie.

Bokkie ·

Stem saam met Tannie.Jy kan nog iets daaraan doen as jy 120km/per uur ry.Maar nie teen n spoed van 239km/per uur nie dis dan wanneer die bome en lamppale sommer voor so n persoon verskyn so uit die niet.Hy is n gevaar vir n ander op enige pad.Vat sy lisensie weg.

Jan maak n Plan ·

Eerstens goeie gratis advertensie vir Mercedes. Tweedens moet so bestuurder dadelik toegesluit word sonder borg, sy lisensie moet verbeur word vir minstens vyf jaar, sy voertuig moet gekonfiskeer word en hy moet ‘n swaar boete kry en gemeenskaps werk vir n jaar minimum.

Terloops ·

Hy moet maar Duitsland toe verhuis en gedeeltes van die autobahn aanvat. Die sterftesyfer vir die Autobahn is 1.9 sterftes vir elke miljard kilometer se reis-afstand.

julius ·

Braam ek stem saam. Dit was net ‘n spoed oortreeding en nie roekeloos en nalatig nie. Hy het net een padreël oortree.

Ben Schultz ·

Ek dink dat daar verskillende spoedbeperkings moet wees vir verskillende klas motors. My Mercedes is totaal veilig teen dubbel die wettige spoed as wat ‘n “gewone” motor is teen 120-KPU. Die E-tolpad kaskenades-fout sou ‘n hele ent gegaan het vir die oprig van ons eie Autobahn en sou so veel beter aangewend gewees het. Die Duitse statistiek spreek vir homself.

Koos1 ·

Ben, as ek jou reg verstaan dan mag jy met ‘n C63 of M3 dan teen 200km/h ry maar ek met my Suzuki net 120km/h? As dit is hoe jy dink, moet jy terug gaan van die planeet vanwaar jy kom.
Drie vinnige vrae wat jy asb moet antwoord:
1. Hoe wil jy dit regkry op paaie van een en twee bane?
2. Sal dit in stedelike gebiede ook geld?
3. Wie en hoe moet dit gepolisieër word?
As mense sulke vinnige karre kan koop (gewoonlik is dit redelike duur karre) kan hulle seker bekostig om op renbane op opedae te gaan jaag?
Volgens my is hierdie ‘n ego ding, myne is vinniger as joune!

Cherokee ·

En is vierde nog vinniger vraag – besef jy hoe arrogant moet mens wees om nie te besef dat jou Merc is ook net ‘n ‘gewone’ kar.

Wim ·

Ben, ek sal graag wil hoor wat jou definiesie van ‘n “gewone motor” is. Ek het vanself een of twee van die motors wat volgens jou so veilig is teen onverantwoordelike snelhede, maar myne is net gewone motors wat met oorleg en binne die perke van die wet bestuur word.

Jozua van Wyk ·

Net n vinnige vraag aan die vinnige slim manne met hulle vinnige veilige motors,as daai motors so veilig is,hoekom gaan daar soveel mense dood in daai veilige vinnige vuurwaens,gaan kyk op die skrootwerwe hoeveel van hulle lê daar,dis geen kuns om vinnig te ry nie maar wel om n ordentlike wetgehoorsame padgebruiker te wees wat toestande kan beoordeel en daarvolgens te bestuur

Louis ·

Ek ry n week gelede in my dorp toe n vrou met haar motor uit n petrolstasie reg voor my injaag, gelukkig het ek 60km gery en kon ek betyds rem en uitswaai, het ek vinniger as die spoedgrens gery was daar n ernstig ongeluk. Hou by die spoedgrens en minder stetftes sal op ons paaie plaas vind

JR ·

Gee hom vir my op ZX10R Nnja…hy sal gou sy lus vir spoed en wnidgat geit verloor…..

Hannes Coetzee ·

My motor doen meer as 320kph maar het dit gekoop vir belegging en gemak. Het dit net een keer oor 200kph gery op n oop pad (5 bane). n Persoon wat dit doen sonder om te verseker die pad is veiling en ongebruik is n dom windgat. In SA het ek eenkeer 147mpu gery onder toesig van verkeersmanne (vriende) lekker maar gevaarlik.

Piket ·

Koos 1. Presies nes jy daar sê!
Jy sal die ego ding nie met n bom uit sekere mense se koppe (en karre )kry nie.

Annoniem ·

Totdat ń band bars. Dan is Sy Voertuig, En Hy…omdat hy “mag bestuur so vinnig soos hy wil” al ei die ewigheid in. Lekker man.

Koos ·

Ai mense wat nie n duitse motor het nie sal nie verstaan nie. Die motors het run flats en hulle monitor band druk. Die kans dat jy met n gewoone motor n band gaan bars en rol teen 120 is 90% . Die duitse motor is 1%

Cherokee ·

So, die duitser is dus nie ‘n ‘gewone motor’ nie, sê jy. Arrogansie behoort perke te hê. Hou jou verduideliking getik en gelammineer in jou paneelkissie om vir die metro-man te gee as jy voorgekeer word. Miskien sal hy jou glo.

Hasie ·

Kla hom aan vir poging tot moord, hy was seker nie die enigste op daai pad nie.

Koos ·

Nou wat van die ou wat voor jou in ry sonder om te kyk. Of die sot wat verbysteek op n blinde draai of buld? Mense is darem gou om op band wagon te klim

Cherokee ·

Ek het Maandagaand die tjor by my gesien verbysnel en toe self versnel en dit ingehaal met my Corolla bloot omdat ek nuuskierig was oor watse kar dit is. Gesien dit is ‘n Merc en toe weer spoed verlaag na gewone perke.

Poplap ·

Ek klassifiseer die manne wat spog met (a) hoe vinnig hulle kan ry (b) hoeveel hulle kan drink, almal as mense met ‘n groot minderwaardigheidskompleks. Dit beïndruk my nie, inteendeel….

Eddy ·

Niemand gee om oor jou klassifikasies of oor wat jou beindruk nie

Henrietta Klaasing ·

Waar in Gauteng is so ‘n lang skoon oop stuk pad om daardie spoed op te tel? In die Karoo ja, maar in Gauteng oor die Kersdae?

WB ·

Ek bly in kanada en almal hier kan koop net wat hulle wil en selfs n mercedes is snert hier om te ry en al die motors en bakkies is V6,V8,V10 en daar is ook baie baie V12 rolls royces,ferraris ens hier maar die mense se geld gaan nie kop toe nie.elke dik kop in SA wat n GTi ry of n 2.0L corsa ry dink hulle is die kat se snor maar hulle is eintlik niks nie en is net windgat en kos baie mense se lewens met hulle gejaag.Hier hou die meeste mense by die spoed reels want dis n wet en mense kom dit na maar in SA is die mense nie gepla nie.Ons mense se denke moet verander voor dinge beter gaan raak want almal dink hulle is so stukkie God as hulle n duurder karretjie ry.Mense moet leer om ander op die pad te respekteer en die spoed reels te respekteer en ophou om windgat te wees.Ja baie mense is arm en kan nie n mooi motor bekostig of in n fancy huis bly nie maar die maak nie die res van die ander landsburgers diere en verhewe die cool ryk mense na untouchables nie.Eerstens is mense n mens en almal moet mekaar respekteer want spoed vrate maak mense dood in ongelukke.
RESPEK en NEDERIGHEID skort!

Janjien ·

Vinnig is nie 239 nie maar 339.. 239 is net so raps in 3e rat met my Suz…

Chris Ws ·

Janjien ek WAARBORG jou as jy nie baie vinnig tot jou sinne kom nie is jy baie gou net nog ‘n syfer in die statistiek van padsterftes in ons land.My vriend se oudste seun het ook ‘n bike gery en nou is hy dood omdat hy sy bike se oor oopgedraai het om hom te toets en toe ‘n kar van agter af ingejaag het en sy 2 kindertjies is nou sonder ‘n pa.

My tweesent bydrae ·

Daar is vir my niks so lekker as om in my klein karretjie sestig kilometer n uur in n sestig sone te ry en kyk hoe al die duur motors agter my ophoop nie . Ek kan dit heeldag doen .

Antonio ·

Hulle sluit mense toe wat jaag,wat van al die moordenaars en rowers wat weg jaag met gesteelde voertuie??ek vra net

Frans C ·

Ek weet nie hoekom my kommentaar nie geplaas is nie.Maar hier is dit weer.Teen 112kmpu
en ‘n reaksietyd van 0,67 sekondes is jou stopafstand 96 meter wat bestaan uit 21 meter denktydafstand en 75 meter stopafstand.

Teen 239 kmpu koop jy ‘n kaartjie na AVBOB.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.