Virgin Active beken skuld oor T-hemp

Muhammed Desai in 'n skermskoot uit 'n video ná die voorval

Muhammed Desai in ‘n skermskoot uit ‘n video ná die voorval

Virgin Active het erken hy het ʼn fout gemaak toe hy een van sy lede toegang geweier het omdat dié persoon ʼn T-hemp van die pro-Palestina-groep Boycott, Disinvestment and Sanctions (BDS), aangehad het.

Ross Faragher-Thomas, besturende direkteur van Virgin Active, het Vrydag in ʼn verklaring gesê die maatskappy het om verskoning gevra aan Muhammed Desai.

Maroela Media het vroeër berig ʼn storm het op sosiale media losgebars omdat Desai uitgegooi is nadat die T-hemp wat hy aangehad het tot onenigheid gelei het.

“Ons het deeglik die besluite wat ons geneem het, en die redes daarvoor, ondersoek, wat uiteindelik daartoe gelei het dat ʼn lid, mnr. Desai, ingelig is dat hy nie die gimnasium by Old Eds-gesondheidsklub mag bewoon met dié T-hemp aan nie,” het Faragher-Thomas gesê.

Hy het gesê die maatskappy het die gebeure, wat baie publisiteit ontvang het, baie ernstig opgeneem. Hulle het met Desai vergader. “Ons het uiteindelik tot die beslissing gekom dat die besluit om aan mnr. Desai te sê dat hy nie die T-hemp mag dra nie, verkeerd was. Hy, en enige ander lid, mag daardie T-hemp, of enige ander wettige kledingstuk, by ons gesondheidsklubs dra.”

Faragher-Thomas het bygevoeg die maatskappy is jammer oor die voorval en hersien sy prosedures om spanning te beheer.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tammy ·

Hoe seker is Virgin Activ dat hulle nie nou baie, dalk n duisend kliente gaan verloor nie? Vra maar net omverskoning omdat ander mense wil he julle moet dit doen? Standaarde en waardes kan baie hard praat as ons as kliente nie van die aangeleentheid hou nie. Hou dit in gedagte.

Dave ·

Thomas, gee asseblief julle adres en ek sal julle nooit weer besoek! Kruiper!!!

Jaco ·

Gaan dra n Pro Israel hemp en kuk hoe vinnig skop hulle jou uit.

Gertie ·

Hoe gaan die man voel as ek met ‘n vark kop op my t-hemp daar aankom.

Peet Schabort ·

Nou het julle ‘n lat vir julself gepluk. . . .
Verbied eerder ALLE T-hemde/pette ens. met slagspreuke of politieke verbintenisse en behou dan ook nog steeds die reg om sonder verduideliking enige simbole/tekeninge ens. ook toegang te verbied. Die grondwet (vir wat dit werd is) sê duidelik dat jy ook nie aanstoot moet gee of wees vir ander persone in openbare plekke. Voorgaande kommentare getuig daarvan.

shane ·

Ag dit is belaglik. Kom jy dra ‘n oranje blanje blou hemp of ‘n AWB pet in publiek en jy word toegang tot alles geweier. Nou dra die ou ‘n hemp wat terroriste bemagtig en hy kom weg daarmee? Knap gedaan Suid Afrika, beskerm weer die regte van die kriminele element.

Bruno Stef ·

Osama Bin Ladin se moses ek sou baie bekommerd gewees het as hy op n vlug saam met my moes klim.Al wat hy nou nog kort is net n lang rok.

shannon ·

Oeps. Sal die hoof Rabbi van die Jewish Council nou intree en besorgdheid uitspreuk oor hierdie antie-Joodse insident ? Want in daardie geval wil ek my steun bied aan beide kante.

Emile ·

Kan nie wag om my “Proud Israel supporter” T-hemp Virgin toe te dra nie.
Saam my 4-kleur bandana, ou SA oefenbroek en AWB buff.

Leon ·

Ek staan by Israel, nou en vir ewig! Viva, Israel! Goedheid en guns vir Israel! Shalom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.