Virginia-grondgryp: ‘Aanhitser’ vasgetrek

Sowat 600 grondbesetters het Maandagoggend op ʼn plaas net buite Virginia opgedaag, die veld begin brand en erwe vir hulself uitgemeet (6 Augustus 2018). Foto: Verskaf.

Die vermeende raadslid (40) wat glo vir grondbesetters in die Vrystaat toestemming gegee het om Andries Pienaar se plaas net buite Virginia te beset, is Dinsdagaand vasgetrek.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

“Hy is Dinsdagaand ingevolge die Wet op Reëling van byeenkomste in hegtenis geneem,” het Mbambo gesê.

Sy het bygevoeg sy naam sal bekendgemaak word sodra hy Woensdag in die Virginia-landdroshof op aanklag van betreding verskyn.

Intussen het Gerda Pienaar, Andries Pienaar se vrou, aan Maroela Media bevestig dat die situasie op die plaas tans baie kalm is. Volgens haar is daar geen strukture opgerig nie en kwyt die polisie hul uiters goed van hulle taak.

“Die regte kanale is gevolg en die polisie het die saak hanteer,” het Pienaar gesê.

Daar is volgens haar ook gistermiddag in die Vrystaatse hooggeregshof ʼn dringende hofinterdik bekom om besetters te verhoed om nie een van hul drie plase, Dora, Christiana en Mooiuitzig, wat aangrensend tot die Meloding-nedersetting geleë is, te betree nie.

Sy sê dit was nie intussen nodig om enige addisionele veiligheidsmaatreëls op die plase te implementeer nie.

Maroela Media het vroeër berig sowat 600 grondbesetters het Maandagoggend op Christiana net buite Virginia opgedaag, die veld begin brand en erwe vir hulself uitgemeet.

Elf persone het Dinsdag in die Virginia-landdroshof verskyn op aanklag van betreding.

Mbambo het gesê twee van die persone is vrygelaat op borgtog van R500 elk en nege verdagtes se aansoek om borgtog is afgekeur omdat hulle nie hul nasionaliteit kon bewys nie. Die saak is tot 14 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Werner 2 ·

Dit help nie veel nie sien die lot wat by Stellenbosch afgesit het het klaar weer hulle huise herbou en se hulle sal dit elke keer doen

Casper Labuschagne ·

In Stellenbosch is daar laas Sondag meer as ‘n honderd strukture op ‘n wynplaas opgerig en bewoon. Die hutte staan in perfek afgemete rye, kompleet met ‘n skuins toegangspad wat tussen hulle deur loop. Die meerderheid hutte is van splinternuwe materiaal gemaak en is binne ure opgerig en voltooi. Interessant genoeg het die EFF dieselfde dag ‘n verklaring uitgereik dat die EFF nie agter daardie grondbesetting sit nie en hoekom was so ‘n vreemde verklaring hoegenaamd nodig? Om 100 strukture in een dag op te rig is nie ‘n klein logistieke operasie nie.

* Kundige bouers met al die nodige gereedskap het die strukture in een dag opgerig.
* Wie het die uitleg en afmetings beplan en gedoen?
* Die materiaal moes voor Sondag gekoop, afgelewer en geberg word, dit verg dus beplanning.
* Die inwoners was hoogs georganiseerd en het presies geweet hoe dit gedoen sal word en waarheen om te gaan en sodat strukture nie afgebreek mag word nie, is daar onmiddelik ingetrek.
* Wie het vir al die boumateriaal waarvan seker 90% splinternuut was betaal? Sekerlik nie die inwoners self nie.
* Waar die gemiddelde ANC munisipaliteit deesdae sukkel om ‘n sloot te grawe, wie het die logistiek en organisasie vir hierdie grootskaalse grondbesetting verskaf?
* Hoekom is ek die enigste persoon in SA wat dit raaksien en vrae hieroor vra?

Ek ruik ‘n rot, die anargiste is deesdae heeltemal te goed georganiseer.

Tania Heyns ·

Dagsê Wilma

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

liz ·

Help my asb! Die regering hits die gronbesetting aan, hulle verkondig dit aan almal wat wil hoor, en dan gaan hierdie manne tot aksie oor, dan word hulle in hegtenis geneem, kom uit op bogtog net om weer van voor af die proses te begin, help wat verstaan ek nie!!!

Rudi ·

Die probleem met plekke soos Orania is dat die huiseienaars nie die grond besit waarop hul huise gebou het nie dus kan almal daar gelyk onteien word en ek het ‘n voëltjie hoor fluit dit dit wel die plan is.

GP ·

Dankie polisie vir hantering van die probleem, nou is dit vir die hof om skeker te maak hy word swaar gestraf. Moet ook betaal vir weiveld wat afgebrand was.

Antie ·

9 kan nie hul nasionaliteit bewys nie, stuur hulle terug waar hulle vandaan kom!!!

Sus ·

Ek stem saam Jedi. Pleks fokus julle op 1 Kor 13. Dan was hierdie land nie in so n gemors nie.

André ·

Weet nie of ‘n interdik gaan help nie. Hulle doen mos wat hulle wil.

Anoniem ·

En die grootste sonnebok Malema? Wanneer word hulle onder dieselfde wet verantwoordelik gehou?

Piet ·

Die ekonomie is in ‘n resessie en misdaad is buite beheer, grondgrype aan die orde van die dag. In die boerdery gemeenskap het elke man wat ek ken reeds n buurman of familie aan die dood afgestaan. Op die plaas(e) naby Ellisras waar ek tans werk, is twee huise waarvan die inwoners vermoor is. My naaste buurman is ook vermoor ( maar nie op die plaas nie). Die punt is, selfs in “volstruis” moet die moord en doodslag kan sien en ervaar. Dis vanselfsprekend dat mense sal vra: “waar sal my hulp vandaan kom”? Ek verstaan dan nie waarom MM so gretig is om aanhalings uit die Woord te delete nie. Beweer julle dan nie die julle n christelike webwerf is nie? ………..of maak n God se Woord mense ongemaklik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.