Virus eis bekende Kaapse fotograaf

(Foto: pixabay)

Die bekende fotograaf Enver Essop is Dinsdagoggend by sy huis in Goodwood, Kaapstad, dood net ʼn dag nadat hy en sy gesin weens Covid-19 uit isolasie gekom het.

Essop, wat vanoggend asemnood ontwikkel het, is dood voor ʼn ambulans by sy huis kon opdaag.

Hy het baie jare as nuusfotograaf by Die Burger en later die Independent-koerantgroep gewerk, asook as vryskutfotograaf by veral staatsfunksies en troues. Hy was geliefd danksy sy uitgaande persoonlikheid en sy skalkse, kurkdroë humorsin.

Enver Essop en sy dogter Imaan. (Foto: Verskaf)

Essop word oorleef deur sy vrou, Philda, jare lange politieke verslaggewer van Die Burger en The Argus en tans ʼn senior redaksielid van Netwerk24, asook twee kinders.

Begrafnisreëlings is nie bekend nie, maar sal waarskynlik kragtens die Moslemgeloof binne ʼn dag plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Juan ·

Dit is die tweede geval waarvan ek weet waar dit gebeur. Laat mens wonder…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.