Visekanselier van UKZN ingehuldig

Dr. Albert van Jaarsveld tydens sy inhuldiging.

Dr. Albert van Jaarsveld tydens sy inhuldiging.

Dr. Albert van Jaarsveld is Saterdag by die universiteit se Westville-kampus as die nuwe visekanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) ingehuldig.

Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het tydens die inhuldiging gesê hy het geen twyfel dat Van Jaarsveld die regte persoon is vir die pos nie.

Mchunu het die Russiese skrywer Fjodor Dostojefski aangehaal vir advies aan die nuwe visekanselier: “Mag word slegs gegee aan diegene wat dit durf waag om hulself te verlaag en dit te kom haal. Slegs een ding maak saak, slegs een ding: om te kan waag.”

Mchunu het die universiteit ook geloof vir sy aktiewe rol in navorsingsaktiwiteite oor MIV/Vigs en ander siektes wat die mense van KwaZulu-Natal raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.