Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het tydens die inhuldiging gesê hy het geen twyfel dat Van Jaarsveld die regte persoon is vir die pos nie.
Mchunu het die Russiese skrywer Fjodor Dostojefski aangehaal vir advies aan die nuwe visekanselier: “Mag word slegs gegee aan diegene wat dit durf waag om hulself te verlaag en dit te kom haal. Slegs een ding maak saak, slegs een ding: om te kan waag.”
Mchunu het die universiteit ook geloof vir sy aktiewe rol in navorsingsaktiwiteite oor MIV/Vigs en ander siektes wat die mense van KwaZulu-Natal raak.