Visekanseliers lag bank toe terwyl universiteite sukkel

Maties se prof. Wim de Villiers se vergoedingspakket van R4,5 miljoen per jaar is die meeste van enige Suid-Afrikaanse visekanselier. Foto: US

Platsak Suid-Afrikaanse universiteite het hul uitgawes besnoei, maar die mense aan die hoof van dié instellings word miljoene rande per jaar betaal.

Van die land se 26 universiteite het 19 hul visekanselier se salaris vir 2017 bekendgemaak, berig die Sunday Times. Dit wissel van R2,5 miljoen tot R4,5 miljoen in die geval van die Universiteit Stellenbosch se visekanselier, Wim de Villiers. Sy R4,5 miljoen jaarlikse vergoedingspakket sluit ʼn bonus van R30 000 in.

Die Universiteit van Venda se Peter Mbati is nie ver agter nie met ʼn jaarlikse pakket van R4,2 miljoen. Die voormalige visekanselier van die Universiteit van Johannesburg Ihron Rensburg het verlede jaar, die laaste jaar van sy dekade lange termyn, R17,6 miljoen ontvang. Daarvan was R13,7 miljoen in aansporingsbetalings wat oor dié tien jaar opgehoop het en wat op ʼn jaarlikse aansporing van R1,3 miljoen neerkom.

Die salarisse en byvoordele wat betaal word aan sommige visekanseliers – die universiteitswese se ekwivalent van ʼn uitvoerende hoof in die sakewêreld – het gelei tot eise dat die departement van hoër onderwys ondersoek instel.

Een visekanselier, wat gevra het om anoniem te bly, het erken party van sy ampsgenote verdien ʼn buitensporige salaris en byvoordele. “Daar behoort ʼn eenvormige vergoedingstruktuur vir alle visekanseliers te wees,” het hy gesê.

Hy beskryf Rensburg se R17,6 miljoen-uitbetaling as “belaglik”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Johanna Botha ·

Praat baie en gee alles wat eie is net weg ….wel dit kom teen n hoe prys ne ?

Pieter ·

Nou verstaan ek hoekom Universiteitsgelde so hoog is.My dogter studeer onderwys….as jy kyk hoeveel klasse hulle per week het kan hulle dit in 2 jaar klaar swot…dit sal dan mos te min geld inbring vir die “fat cats” daar bo…..ooo ja die lektore sal dan harder moet werk en ons kan dit tog sekerlik nie toelaat nie….

Vraagteken ·

Jou dogter hoef nie by ‘n Universiteit studeer nie – sy kan by Unisa ook gaan. Dis mos dan baie goedkoper.

Mrs Bean ·

Vraagteken,
Ek probeer al die afgelope twee jaar ‘n kind by unisa inskryf. Dis ‘n globale gemors!! Dis al wat ons kan bekostig maar ons het ook nou al na ander opsies begin kyk.

Vraagteken ·

Nee Michael, dit is juis die punt. As jy jou kind na ‘n top skool will stuur, dan sal jy moet bereid wees om vir dit te betaal. Dit is die beginsel van enige besigheidtransaksie. Jy kan nie na die tyd kla as jy nie tevrede is nie, dan moes jy mos jou huiswerk beter gedoen het?

Terloops, hoekom kla al die mense? Ons universiteite is van die goedkoopste in die wêreld, alles teen hoë standaarde (binne perke).

koos1 ·

Dis die prys waarvoor Arikaans en wit mense uitverkoop word!

Andrea van Vuren ·

Dis hoekom ons nie van De Villiers ontslae kan raak nie. Omkoopgeld om Maties te verengels en uit te verkoop!

Hanna Hoekom ·

Niks “beat” daardie vroulike nar by SARS nie! Sy verdien miljoene en het GEEN idee wat in haar department aangaan nie. Sy het darem iets van die Drakensberg Seunskoor geweet…

AmY ·

Nog steeds baie minder as die honderde miljoene en miljarde wat vermors word.

Vraagteken ·

Wel, ‘n mens kan nie juis kla nie. Hulle is Professors wat minstens 10 jaar se geleerdheid het.

Hendrik UAE ·

Ten minste praat ons hier van gekwalifiseerde personeel. Ek dink in vergelyking met ander uitvoerende hoofde is R4.5 miljoen aanvaarbaar. Ten minste het Mnr. van Rensburg n klompie jare gewerk vir sy uitbetaling en dit nie as n goue handdruk of afkoop pakket gekry nie.Dink die universiteite sal baie beter af wees finansieel as hulle nie vir die helfte moet verniet klas gee en DIE helfte dan nog staak ,vewoes en afbrand ook nie.

Vraagteken ·

Hendrik, dis Prof. Rensburg (daar is hard vir daardie titel gewerk)

Andrea ·

Ja die visekanseliers kry reuse pakkette en bonusse. En die dosente wat al die werk doen om die universiteit goed te laat lyk, kry geen bonus van enige aard nie. Een universiteit skeld nou hul personeel vry van mediese fonds bydraes vir Des. Dit dien nou as n tipe bonus. Gaaf, maar wat van die personeel wat nié tot die mediese fonds wat deur die universiteit onderskryf word, behoort nie? Hulle kry niks. Hoe regverdig is dit?

John ·

… en die staatsamptenary en die munisipaliteite en die semi-staatsinstellings… en… en al die instellings sukkel in hierdie sosialistiese meme-staat. Mens hart bloei terwyl jy troebelwatertjies saam met jou duur kossies drink. Wie staak more en watter paaie moet ons vermy waar nog ongelukkiges besig sal wees om alles aan die brand te steek of met klippe te bestook? Maroela julle spel dalk verkeerd, is dit nie Vim de Villiers nie?

Lollie ·

Hier wys dit net weer dat daar ń handjie vol mense is wat in weelde lewe en te duiwel met die res! Ek sê nie almal moet dieselfde inkomste kry nie maar hierdie is buitensporig!
Hy het wel geleer vir waar hy nou is maar so het baie ander ook en hulle verdien nie naastenby soveel nie. Hy moet beslis een van die ANC gang wees! Hulle us regtig al wat in sulke weelde lewe terwyl die res sukkel om kop bo water te hou!

Phillip Groen ·

Wim se salaris werk dan soos volg uit:

R 375 000.00 per maand
R 17045.45 per dag (werkende op ‘n 22 werksdae maand)
R 2130.68 per uur
R 35.51 per minuut

Dit beteken in net 20 sekondes verdien hy die minumum loon van R11.89 per uur (bereken op die “huishoudelike skoonmakers skaal”). Sy salaris is dus 178 keer meer as die van ‘n “domestic worker”.

Die liberale wêreld (Maties inkluis) maak heeldag en aldag ‘n “morele” saak uit vir minimum lone enssovoorts en dat “regsellende aksies” noodsaaklik is om ekonomiese ongelykhede te probeer uitwis.

MAAR self help skep hulle lustig voort aan ekonomiese ongelykheid met sulke buitensporige salarisse. Ek is alles daarvoor dat harde werk beloon moet word maar tans in die wêreld is dinge net absurd.

Van die besigheidswêreld kan mens dit nog half en half verstaan (Alhoewel daar ook ernstige vergrype is) MAAR universiteite vertel vir almal wat wil hoor, dat hulle ‘n sosiale verpligting het en nie ‘n besigheid per se is nie.

“He who speaks with forked tongue” voel ‘n veer vir hulle sg. sosiale verpligting wanneer dit kom by die vasstelling van eie salarisse. Dis reg betaal julleself wat julle wil maar hou op om te probeer rond loop “purer than the driven snow” as julle oor ongelykheid in SA wil praat, want julle staan voor in die koor om die ou bedeling die skuld te gee. Maar in die ou bedeling was salarisse binne redelike perke meestal.

andre ·

ja alleman vergaan.terwyl elke kantoor sittende ly gat reiker word…mense wat niks doen kry belaglike salarisse

Gemaskerde Sopbeen ·

En dis waarom alles in SA so ongelooflik duur is……want hopeloos teveel mense, kry hopeloos teveel geld, vir hopeloos te min werk. Ek sit altyd in die verkeer en wonder watter waarde ‘n persoon na sy maatskappy bring as hy daar sit in ‘n R2 miljoen voertuig…….en dit duidelik nie eens behoorlik kan bestuur nie!!

RHG ·

Ja, Knopkop, ek voel ook om te giggel. Hoofletters, spasiëring, punte……
Vreemd hoe mense wat die grootste inkomstes kry, die meeste voordele geniet sonder om iets uit hul eie sakke hoef te haal. Hoe meer jy het, hoe meer kry jy.
Waarvoor het iemand in sy posisie aansporing nodig? Is dit nie maar wat mens ‘n bonus sou noem nie? Dan nog ‘n R30 000 kleingeldbonussie.

Johann cb ·

Hulle verdien jaarliks méér as wat die meeste van ons in ‘n leeftyd verdien!
Skande…

Waarheid ·

De Villiers was van die begin n uitverkoper en rugraatloos.Ek is nie verbaas nie.

Hans ·

Sogenaamde salarisse is ongelooflik- vir die tipe werk is dit buitensporig verby
Die maksimum salaris moet op baie laer vlak vasgepen word.

Hansie Slim ·

Wow… die prof kan baie fancy kar koop elke maand… as jy só daaraan dink..
Dis twak om te sê hy het ten minste 10 jaar opleiding gekry en dis hoekom hy dit verdien. Daar is baie ander beroepe wat langer leer maar minder verdien!!!

Vraagteken ·

Eintlik, daar is nie beroepe wat meer is nie (en indien hulle meer is, dan is hulle salaris baie hoër).

Kom ons doen die wiskunde:
4 jaar vir ondergraads,
1 jaar vir honeurs,
2 jaar vir meesters (minimum)
3 jaar vir PhD minimum.
Minstens nog 3 jaar se publiseering.
Totaal = Min 13 jaar.
En dan moet jy onthou, hierdie Professor moes ‘n uitblinker op skool en Universiteit gewees het net om gekeur te word. Ieweskielik maak dit ‘n bietjie meer sin.

Dit is hoekom goeie geleerdheid baie vir ‘n mens beteken.

Gert van Wierdapark ·

Ek reken in vbae gevalle is dit nie wat jy weet nie, maar wie jy KEN (ware entrepreneurs) Miljoener Ihron Rensburh het sy kaarte 10 jaar gelede reg gespeel en nou die “Jackpot” geslaan! Ook nie eers geweet Venda het n Universiteits nie (seker geborg deur VBS). Maties se Man kry sy salaristjek natuurlik in Ingels! He-he-he!!

Frans ·

Ek dink die sogenaamde “Professors” wat 10 jaar se geleerdheid besit, het eintlik 1 jaar se “geleerdheid” wat maar elke jaar vir die 10 jaar net herhaal word. Dus het die “Professor” 1 jaar se “geleerdheid” wat elke jaar toegepas word. As daar ADDISIONELE geleerdheid sou bykom, dan eers kan mens sê dat meer as 1 jaar se geleerdheid ter sprake is. As ek sê ek het 10 jaar se voertuig bestuurs ervaring, beteken dit nie dat ek elke jaar addisionele vaardighede aangeleer het nie! Hulle smokkel met die studente se koppe, wat nog van die “volwasse” entiteite wat hulle daardie buitensporige salarisse betaal en dit “goeddink” om vir die betaling van reuse salarisse te val? Ek sou my kop in skaamte sak as ek vir sulke “geleerdheid” betaal moet word. Mammon en status het meer belangriker geword as toegevoegde waarde ten opsigte van kennis.

Piet Verdriet ·

Prof de Villiers is ‘n man wat baie sterk voel oor sosiale geregtigheid. Ek glo hy skenk die grootste deel van sy salaris vir liefdadigheid.

Mnr x ·

Zuma plunder die staatkas VBS word geblunder. Wim Blik en sy trawante plunder Universiteite.

Bekommerde ·

Ek is sprakeloos – dink net hoeveel kan studeer met daardie geld.

Ag NEE daar sal daadwerklik aandag geskenk moet word, omsulke buitensporige salarisse te moet uitskakel in alle vlakke van die samelewing. Die geldboom is besig om te vrek!

Die hartseer is – die rykes word al ryker – die armes net armer ………..

Piet Verdriet ·

Ek hoop die Universiteit van Stellenbosch volg ESKOM se goeie voorbeeld en maak hulle bestuur kleiner.

Piet Verdriet ·

Ek hoop die Universiteit van Stellenbosch volg ESKOM se goeie voorbeeld en maak hulle bestuur baie kleiner.

Droë Perske ·

Aitog, omdat ek nooit meer studente in Steinhoff T-hempies sien nie, het ek gedink Maties het toegemaak. Bestaan die plek dan nog?

Piet Snot ·

Sover dit my kinders aangaan, het Maties toegemaak.
Sien, hulle praat mos Afrikaans…

Mnr Pers ·

Kan die man nie aankyk nie – so diep in die anc se sak gekruip.
Sy naam moet eintlik mnr PERS wees. Hy is goed om die Afrikaanse kinders te verneder en daarvoor kry hy baie geld.

Well Done ·

Met sy SALARIS kan jy R4300 mense werk gee teen die voorgenome minimum loon in Suid Afrika wat meer is as wat een student verdien wat voltyds studeer

Henk ·

“Daar behoort ‘n eenvorming vergoedingstruktuur vir alle visekanseliers te wees”.
Belaglik. Dit kan slegs die geval wees as alle universiteite dieselfde is, wat kennelik nie die geval is nie. Meer as die helfte van SA se “universiteite” is niks anders nie as kolleges van gemiddelde formaat.

christa ·

Dit werk oral so. Die base kry die geld en die mense wat die werk doen krepeer. Geen mens het meer as R50,000.00 per maand nodig nie. Dan lewe die mense ‘n koningklike lewe. Mense krepeer om sulkes maar hulle lewe lekker. Ek gee toe, as iemand gaan swot en verdien goeie salaris, maar so buitensporing is onnodig.

Piet Snot ·

Teen daai prys sal selfs ek in die versoeking wees om Afrikaans af te skaf.

Geleerd ·

Baie interessant dat almal so aangaan oor iemand wat geleerd is en goed geld verdien. Om gegradueerd te wees betaal oor die algemeen defnitief! Dit gebeur nie vanself nie en veral nagraadse studie is baie werk en navorsing. Dis gewoonlik die wat nie daardie moeite gedoen het om universiteit toe te gaan nie, wat so skree en kritiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.