ʼn Kaapse visserman is Dinsdag na ʼn Baaise hospitaal geneem nadat hy in die see by Port Elizabeth in die Oos-Kaap deur ʼn haai gebyt is.
Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het ’n 46-jarige visserman sowat 30 seemyl vanaf die kus op ʼn boot vis gevang toe ʼn haai in die visvangnet verstrengel geraak het.
Lambinon verduidelik die visserman is aan sy voorarm gebyt toe hy glo probeer het om die haai te bevry.
Die Baaise NSRI is van die voorval in kennis gestel waarna die man, wat bytwonde aan sy arm opgedoen het, na die kus gebring is. Die haai is in die see vrygelaat. ’n Paramedikus van die Oos-Kaapse regering het die visserman op die toneel behandel.
Volgens Lambinon was die man in ’n stabiele toestand en in staat om te loop.
Hy het gesê die man is op die toneel met verbande verbind waarna hy na die naaste hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Dit is wat jy nou noem “stank vir dank”
Net so!!
Dit moes `n babatjie gewees het as hy hom self probeer bevry het. Hy het maar net `n klein happie geproe
Dit is oorlat hy ‘n Stormer ondersteuner is.