Visserman dood gevind

Morgansbaai. Foto: TripAdvisor

Morgansbaai. Foto: TripAdvisor

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat visvangtoerusting en ander persoonlike items op ʼn strand in Morgansbaai naby Oos-Londen gevind is.

Geoff McGregor, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut se Oos-Londen-stasie, het gesê die NSRI, Oos-Kaapse nooddienste en polisie is omstreeks 10:15 Saterdag na die strand ontbied nadat die items gevind is en aangeneem is ʼn visserman word vermis.

“ʼn Ligte vliegtuig wat in die area was, het by die soektog aangesluit en ʼn liggaam is naby die kus by Morgansbaai, in die see gewaar. ʼn NSRI-reddingswemmer het die liggaam uit die water gehaal.”

Volgens McGregor was die liggaam dié van ʼn 30-jarige man van Oos-Londen. Die man het vermoedelik visgevang, toe ʼn golf hom van die rotse af geslaan en hy in die water beland het.

Die NSRI het sy medelye met die man se naasbestaandes betuig. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen en die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

Dis hartseer vir sy naasbestaandes –
Dis ‘n Les vir ALMAL – MOENIE ALLEEN GAAN VIS VANG NIE!

Gert Kruger ·

dat dit die oom agter die ablusie s’n is wat dit ‘n paar dae gelede op die strand opgetel het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.