Visserman gesoek na hy oorboord val

NSRI Port Elizabeth Eikos IV Foto: NSRI

NSRI Port Elizabeth Eikos IV Foto: NSRI

Daar is steeds geen teken van die visserman wat vermoedelik Sondagoggend van ʼn vissersboot afgeval het wat naby die Port Elizabeth-hawe geanker was nie.

Justin Erasmus, plaaslike stasiebevelvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), het gesê ʼn reddingspan is omstreeks 05:00 ontbied nadat die man glo van ʼn vissersboot afgeval het wat drie seemyle van die hawe geanker was.

ʼn Reddingsboot, Eikos Rescuer IV, is gestuur en ʼn polisiehelikopter het ook met die soektog gehelp. Teen Sondagmiddag was daar egter steeds geen teken van die vermiste visserman nie. “Die polisie het ʼn ondersoek geopen en lede van die polisie se duikeenheid sal voortgaan met die soektog,” het Erasmus gesê.

“Dit wil voorkom asof die visserman om onbekende redes oorboord geval het sonder ʼn reddingsbaadjie aan. Alle reddingsbaadjies op die chokka-vissersboot is steeds aan boord,” het hy gesê. “Bemanningslede het in die vroeë oggendure agtergekom die visserman word vermis en het alarm gemaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.