Visserman kom op gruvonds af

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn hengelaar Saterdag op ʼn menslike skedel afgekom het terwyl hy visgevang het.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die hengelaar het Saterdag in daglig op die strand langs Qolora By Sea in Centane visgevang.

“Terwyl hy op die strand rondgeloop het, het hy op ʼn mens se skedel afgekom en die polisie ontbied. Geen ander beendere of klere is gevind nie,” het Manatha gesê.

Die skedel is vir forensiese toetse gestuur om die identiteit van die persoon te probeer vasstel.

Manatha het gesê die polisie vermoed dit kan die skedel wees van een lid van ʼn groep mense wat oor die feestyd in die see by die strand verdrink het.

Maroela Media het vroeër berig minstens vyf mense se liggame het die week voor Nuwejaarsdag op die strand uitgespoel nadat ʼn onbekende aantal mense na bewering vroeër die week daar gaan swem en verdrink het.

Manatha het gesê dié strand is nie ʼn aangewese swemgebied nie en daar is geen lewensredders aan diens nie.

Toeriste het op 29 Desember 2017 op twee jong mans, onderskeidelik 12 en 19 jaar oud, afgekom wat op die strand uitgespoel het. Nog ʼn jong man se liggaam is die dag tevore deur vissermanne op die strand gevind. Vroeër daardie week het die liggame van twee vroue, onderskeidelik 20 en 21 jaar oud, ook op die strand uitgespoel.

Die polisie het in al vyf gevalle ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen.

Manatha het ʼn beroep gedoen op mense wat ʼn geliefde vermis om die Centane-polisiestasie by 047 498 1066 te nader sodat DNS-toetse gedoen kan word in ʼn poging om die identiteit van die oorledene vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Dit is nou 4 maande later hopenlik het die familie navraag gedoen.

jaco ·

Ek hoop die visserman se ras is “reg”, want deesdae, as ‘n wit mens so iets aanmeld, word hy sommer deur die polisie van moord aangekla. As ek op so iets moet afkom, sal ek net stilbly.

BB ·

Jaco soms dink ek ons grawe ons eie graf met hierdie soort stellings. Ons moenie altyd die negatiewe elemente in alles loop soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.