Visserman naby Valsbaai dood, twee steeds vermis

Foto ter illustrasie. (Foto: NSRI)

ʼn Soek-en‑reddingspoging duur voort na twee vissermanne op ʼn boot wat Dinsdag naby Valsbaai in die Wes-Kaap vermis geraak het.

Darren Zimmerman, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se basis by Simonstad, het gesê altesame vyf vissermanne op twee bote het vroeër die dag meganiese probleme ondervind.

Tydens ʼn uitgebreide soektog deur lede van ses NSRI-basisse, ses NSRI-bote, twee lugmaghelikopters, ʼn duikboot van die vloot en verskeie skepe in die omgewing, is een van die bote laat gistermiddag naby Hermanus opgespoor, het Zimmerman gesê.

“Daar was drie vissermanne aan boord. Een van hulle was ongelukkig reeds dood. Die ander twee is met hipotermie na ʼn hospitaal geneem. Hulle is in ʼn ernstige, maar bestendige toestand. Ons wil ook graag ons medelye met die oorledene se familie betuig.”

Zimmerman het gesê die soek-en‑reddingsoperasie na die ander vermiste boot en die twee vissermanne aan boord, duur vandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jepetto ·

Ek verstaan dit nie a paar dae gelede het die weerdienste gewaarsku storm see en hoe duinings bly uit die see

Irene Myburgh ·

Dit is hulle inkomste, wanneer hulle nie uitgaan nie het hulle nie geld vir die dag nie.

So dit is ‘n moeilike besluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.