Visserman red vakansieganger

Amanzimtoti-strand. Argieffoto

Amanzimtoti-strand. Argieffoto

ʼn Visserman het Donderdagaand by Amanzimtoti se strand in KwaZulu-Natal die lewe van ʼn vakansieganger gered.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 18:15 na die strand voor die Strandburg-woonstelblok ontbied.

“Vakansiegangers van Johannesburg het gaan swem toe die man deur ʼn sterk seestroom meegesleur is,” het Botha gesê.

ʼn Visserman het in dié stadium verbygestap en gesien die man is in die moeilikheid. Hy het na die man uitgeswem en hom terug na die strand gebring.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het omstanders noodhulp op die man toegepas aangesien hy byna verdrink het.”

Die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Umlazi geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Antoinette ·

Dankie tog daar is nog mense wat omgee. Baie dankie aan die visserman wat sy eie lewe gewaag het.

FW ·

My ondervinding daar is die mense moet maar swem waar dit afgemerk is en wanneer die lewensredders aan diens is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.