Visserman se liggaam gevind

Argieffoto: NSRI

Die liggaam van die visserman wat sedert Sondag aan die Weskus vermis was nadat die boot waarop hy was omgeslaan het, is gevind.

Casper Frylinck, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Mykonos-stasie, het Dinsdag gesê die man se liggaam is deur beamptes van die polisie se duikeenheid gevind.

ʼn Soektog na die man is van stapel gestuur nadat die boot, Normandie, Sondagaand sowat tien seemyl noord van St. Helenabaai omgeslaan het.

Die NSRI het die polisie se duikeenheid Maandag in die soektog bygestaan.

“Die boot wat omgeslaan het, is ná ʼn uitgebreide soektog sowat 13 seemyl vanaf St. Helenabaai opgespoor. Polisieduikers het onder die boot gaan soek, die vermiste visserman se liggaam gevind en na die oppervlak gebring,” het Frylinck gesê.

Die liggaam is na die St. Helenabaai-hawe geneem waar dit aan die forensiese patologiese diens oorhandig is. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die man se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.