Visserman sterf in fratsongeluk

visstokʼn Visserman is Maandagaand by Sheffieldstrand aan die noordkus van KwaZulu-Natal dood terwyl hy vis gevang het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê dit wil voorkom of die visserman op rotse gegly en noodlottig beseer is. “Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.