Visserman sterf na boot omslaan

Die NSRI se Mykonos Gemini-reddingsboot Foto: NSRI

Die NSRI se Mykonos Gemini-reddingsboot Foto: NSRI

ʼn Man se liggaam is gevind en nog ʼn man word vermis nadat die boot waarop hulle was Sondag naby St. Helenabaai in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê daar was drie mans op die boot en dat een van die mans daarin kon slaag om die strand te bereik en alarm te maak. “Die polisie was reeds op die toneel besig om na die twee vermiste vissermanne te soek,” het Lambinon gesê.

Die liggaam van een van die mans is op die strand gevind. Volgens Lambinon was die 42-jarige oorledene vermoedelik die skipper. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen. Die polisie se soektog na die derde man gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.