Visserman sterf voor familie en vriende

Argieffoto

ʼn 60-jarige hengelaar van Port St. Johns het dié naweek voor sy familie en vriende gesterf.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Sondag gesê die voorval het Vrydagmiddag by die Umgazana-riviermonding, suid van Port St. Johns in die Oos-Kaap, plaasgevind.

“ʼn Groep vissermanne van dieselfde familie en vriendegroep het van die rotse op die kuslyn af gehengel. Die man is deur ʼn groot golf van die rotse afgeslaan en deur die see meegesleur,” het Lambinon gesê.

Die man se vriende en familie, almal van Durban, het hulp ontbied en kon intussen daarin slaag om die man uit die water te kry.

“Hulle het alles in hul vermoë gedoen in ʼn poging om sy lewe te red, maar hy is op die toneel dood.”

Die NSRI het sy innige meegevoel met die familie en vriende van die oorledene betuig.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thersia ·

Innige simpatie. Hoop julle vind vrede met die medewete dat hy gedoen het wat vir hom lekker was toe die ongeluk gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.