Mario Fredericks, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Strandfontein, het gesê met hul aankoms is die man se lyk op die strand gevind.
“Die visserman het blykbaar gedink sy lyne is in seewier verstrengel. Terwyl hy die lyne ingetrek het, het hy gesien ʼn lyk het daarin verstrengel geraak,” het Fredericks gesê.
Die oorledene was vermoedelik in sy 20’s. Sy lyk is deur die forensiese patologiese dienste van die strand verwyder. Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.
In die onlangse verlede was daar ook ‘n berig op Maroela van ‘n man se verdwyning. Ek hoop egter ek is verkeerd want ek is nie vertroud met die ligging van die twee plekke ter sprake.