Visserman verdrink by Kalkbaai-hawe

Argieffoto van die kleurvolle bote in Kalkbaai-hawe (Foto: Paul Gilowey, Cape Town Daily Photo 2012-04-18)

Argieffoto van die kleurvolle bote in Kalkbaai-hawe (Foto: Paul Gilowey, Cape Town Daily Photo 2012-04-18)

ʼn Visserman het Vrydagaand by Kalkbaai-hawe in Kaapstad verdrink.

Darren Zimmerman, Simonstad-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê reaksiespanne is omstreeks 20:00 na die hawe ontbied.

“Die visserman, in sy 40’s, wat op die vissersboot Dicky Rose gewoon en gewerk het, het van die boot af in die water geval waar dit by Kalkbaai-hawe vasgemeer is,” het Zimmerman gesê.

Die bemanning van ʼn ander vissersboot, die Taj Mahal, het later sy liggaam in die water sien dryf. Hulle het sy liggaam uit die water gehaal en alarm gemaak.

“Paramedici het met hul aankoms by die toneel dadelik met KPR begin, maar alle pogings was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.