Visserman verdrink toe hy na strand probeer swem

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Visserman het Woensdagmiddag verdrink toe hy glo probeer het om na die strand naby Port St. Johns in die Wes-Kaap te swem nadat sy boot se brandstof opgeraak het.

“Die NSRI is omstreeks 16:00 ingelig dat die boot se kaptein en die oorledene, ʼn man in sy 40s, na die strand probeer swem het toe hulle sonder brandstof gaan staan het,” het John Costella, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se tak in Port St. Johns, in ʼn verklaring gesê. “Die kaptein kon daarin slaag om die strand te bereik en het ʼn rygeleentheid na die dorp gekry om die voorval aan te meld.”

Die 40-jarige visserman se liggaam en die klein boot is op die strand, sowat 1 km noord van die Umzimvuburivier gevind.

“Die polisie is ontbied en ʼn geregtelike doodsondersoek is gelas,” het Costella bygevoeg.

Volgens die kaptein het hulle sowat 10 seemyl noord van Port St. Johns vis gevang toe die weerstoestande versleg het. Hulle het besluit om terug te keer na Port St. Johns toe hulle sonder brandstof gaan staan het.

“Albei het gepoog om na die strand te swem. Hulle het glo aan reddingsbaadjies vasgeklou, maar dit nie gedra nie,” het Costella gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Hoe 1. het mens nie meer as genoeg brandstof nie; 2. kan mens nie GOED swem om jouself te kan help in noodtoestande(veral as mens op see werk en/of daar vir sport en/of ontspanning is); 3. het mens nie reddingsbaadjies aan nie – ek dag dis WET? Hierdie tipe van tragedies kan meermale vermy word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.