Visserman verdrink tydens kompetisie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Visserman het verdrink tydens ʼn hengelkompetisie aan die Transkeise Wildekus in die Oos-Kaap.

Geoff McGregor, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Oos-Londen, het gesê hulle is omstreeks 9:30 Saterdag deur vissermanne na Hole in the Wall naby Koffiebaai ontbied.

“’n 40-jarige visserman van Durban wat aan ʼn hengelkompetisie deelgeneem het, is deur ʼn sleurstroom in die see ingetrek nadat hy deur golwe platgeslaan is.” Volgens McGregor het ander vissermanne die man probeer red deur ʼn tou na hom te gooi.

ʼn Helikopter van die Oos-Kaapse nooddienste sowel as beamptes van die polisie se honde-eenheid is ontbied. Volgens McGregor is die visserman se liggaam kort hierna in die water gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

Intussen het ʼn jong man Saterdagaand in die Swartvleistrandmeer by Sedgefield aan die Suid-Kaapse kus verdrink. Die man het glo onder die water verdwyn terwyl hy in die strandmeer geswem het. Swemmers van die NSRI het die man se liggaam in die water gevind en hy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Tiener het vermoedelik Saterdag by Hibberdene aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink. Die tiener se liggaam is egter steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Ja die see is baie onvoor spelbaar. So het al menige mense wat ervare seemense. Is al agter gekom met noodlotige gevolge

Enrico ·

Die liggaam van die man in Sedgefield is deur n Polisie duiker gekry. NSRI was wel saam op die toneel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.