Visserman vermis ná hy glo oorboord val

Argieffoto Foto: NSRI, Facebook

Argieffoto Foto: NSRI, Facebook

ʼn Visserman word vermis nadat hy Sondagmiddag, vermoedelik naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap, uit ʼn vissersboot geval het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Maandag gesê die man, wie se naam nog weerhou word, het omstreeks 40 seemyl suidwes van Cape Recife verdwyn.

“Die visserman het, na verneem word, nie ʼn lewensreddingsbaadjie aangehad nie. Bemanning op die visserboot, ELKE-M, het omstreeks 14:00 besef hy word vermis,” het Lambinon gesê.

Hy het vermoedelik tussen 12:00 en 14:00 oorboord geval.

Skeepsvaartowerhede  is omstreeks 14:36 van die voorval ingelig. ʼn Soektog is deur ʼn ander visserboot van stapel gestuur, maar daar was geen teken van die visserman nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Ai, daardie reddingsbaadjie, veiligheidsgordel wat die verskil kan beteken tussen lewe en dood. Moenie mak raak.
Opvallend hoevele bestuurders en passasiers ry op die pad met arms wat uithang by vensters. Mense, julle soek vir moeilikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.