Visserman word by Waenhuiskrans vermis

Foto: NSRI

Daar is nog geen teken van ʼn visserman wat Vrydagoggend vroeg van ʼn vissersboot naby Waenhuiskrans in die Wes-Kaap geval het nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut is Vrydagoggend om 04:20 ontbied ná ʼn man van ʼn “chukkie”-vissersboot (oop vissersboot) afgeval het, ongeveer twee seemyl suid van Waenhuiskrans, het Agulhas-stasiebevelvoerder Reinard Geldenhuys gesê.

ʼn Omvattende soektog is van stapel gestuur na die 41-jarige visserman. Daar is egter nog geen teken van die man nie. Die polisie en die polisie se duikeenheid neem ook deel aan die soektog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.