Visserman word naby Tsitsikamma vermis

Argieffoto: NSRI

ʼn Visserman van Oesterbaai, aan die Tsitsikamma-kus in die Oos-Kaap, wat vermoedelik oorboord geval het, word steeds vermis.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die bemanning het eers Vrydagoggend ontdek die man het vermoedelik oorboord die Sea Cat-vissersboot geval. Hulle het daarna hulp ontbied.

“ʼn Omvattende soektog is van stapel gestuur deur verskeie spanne van die NSRI en privaat vliegtuie, maar daar is nog geen teken van die vermiste man nie,” lui die verklaring.

Die polisie is in kennis gestel. Die vermiste man se pa en broers was ook aan boord die vissersboot.

Die polisie sal die soektog voortsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.