Vissermanne vermis na boot ‘omslaan’

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Drie vissermanne word steeds vermis nadat hulle boot vermoedelik Vrydag in die see tussen Hawston en Kleinmond aan die Kaapse kus omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Saterdag gesê.

Volgens Schalk Boonzaaier, stasiebevelvoerder van die NSRI in Kleinmond, is dié stasie asook die NSRI van Hermanus en ʼn helikopter kort voor 12:00 ontplooi nadat die families van die drie vissermanne, onderskeidelik in hul dertigs en veertigs, onraad begin vermoed het.

Die helikopter het wrakstukke van die boot wat omgeslaan het sowat sewe seemyl  suid van Hawston in die see opgespoor.  Die seereddingstuig wat na die toneel uitgestuur is, het die oorblyfsels van die boot reggedraai en na die kus ingesleep. Daar was egter geen teken van die vissermanne nie.

Die polisie asook die polisie se duikeenheid gaan voort met ʼn soektog [na die mans], het Boonzaaier verseker.

Die oorblyfsels  van die boot is intussen na die Hermanus-hawe gesleep waarna dit aan die familielede van die vermiste vissermanne terugbesorg is. Seevaartuie is ook deur middel van radiokommunikasie versoek om op die uitkyk vir enige teken van die drie vissermanne te wees, het Boonzaaier verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willehond ·

Hoekom omslaan in aanhalings tekens? Het die boot omgeslaan of nie???

Anna ·

Omdat niemand nog verseker weet wat gebeur het nie. Die wrakstukke bewys die boot is stukkend – nie hoe dit gebeur het en of die boot onderstebo was voor hy uitmekaar gebreek het nie.
Aanhalings tekens word in nuusopskrite gebruik wanneer die ‘feit’ nog nie bewys of bevestig is nie.

Ellisras ·

Dit is hartseer. Dit is juis van die armste mense wat vissermanne is. En die familie wat agterbly kry op alle vlakke swaar.

? leser ·

ai wat ‘n tragiese ongeluk, ek bid vir die families en hoop julle kry gou antwoorde, sterkte

Philip ·

O so tragies. My gebed is dat daar nog hoop is en dat hulle familie troos sal vind by Jesus. Sterkte

DV ·

Innege medelye met almal. Wat mense nie kan nie kan God. Sterkte vir die dae wat voorle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.