Vissermanne vind toeris se lyk met haaibytmerk

Arfieffoto: NSRI

ʼn 68-jarige man van Oostenryk se liggaam is Woensdag in die see gevind nadat hy vermis geraak het terwyl hy gaan skubaduik het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê NSRI-bemanning van Shelly Beach en Port Edward is omstreeks 13:45 saam met die polisie se soek-en-reddingseenheid na die Protea Banks-duikpunt, sowat 7,5 km die see in van Shelly Beach af, ontbied.

“Volgens mense wat saam met hom gaan duik het, het die groep na die oppervlak geswem toe die man vermis geraak het,” het Lambinon gesê.

ʼn Grootskaalse soektog na die man is van stapel gestuur deur die NSRI, polisie, nooddienste en private vaartuie wat in die omgewing was.

“Tydens die soektog is die man se liggaam, wat glo deur ʼn haai gebyt is, opgespoor deur bemanning van ʼn private vissersboot. Ons weet nie of die man doodgebyt is of weens ʼn ander rede dood is en toe gebyt is nie,” het hy by navraag aan Maroela Media gesê. Hy het ook gesê hy weet nie watter soort haai die man glo gebyt het nie.

Die man se liggaam is aan die polisie oorhandig. Die polisie ondersoek die voorval en sal ʼn nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ploeffer ·

Ek het ‘n reeling met haaie. Ek faff nie in die see rond nie en hulle by van die land af. Ten spyte van wat die “kundiges en kenners” beweer, top predatoriese haaie byt, en eet mense waar en wanner hulle kan.

Afrikaanse Knaap ·

Dis die “dive master” sowel as sy “buddy” se verantwoordelikheid om te weet hoe hy weg geraak het. Sal graag wil weet wat hulle verklarings sê.

Francois ·

Het baie al tussen haaie geduik ,as jy hul nie plae nie los hul jo,u maar as jy plae dan is hul soos foxterrier hap en los maar dit doodelik .as see onstuimig is onder kan jy maklik jou buddy verloor . sterkte aan family .

Bill vd Karoo ·

Waar kry die NSRI geld vir hierdie werk. En die manne? Het hulle nie voltydse jobs nie? Wie moet opdog vir touriste se nalatigheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.