Vissersboot in ligte laaie in hawe

Die Nasionale Seereddingsinstituut in Gordonsbaai (Foto: NSRI)

’n Man het die naweek ernstige brandwonde opgedoen toe ’n brand op ’n vissersboot in die hawe in Gordonsbaai uitgebreek het.

Die brand het vermoedelik ontstaan toe die boot Saterdag brandstof ingeneem het.

Alan Meiklejohn, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai, sê sy span is Saterdag net ná 13:00 na die vissersboot in die hawe ontbied.

Die NSRI en paramedici van die ambulansdiens GB Med Sec is op pad na die toneel deur ’n voertuig voorgekeer wat reeds op pad was na die hospitaal met ʼn man wat brandwonde op ʼn vissersboot opgedoen het. Hy was in ’n ernstige toestand.

Paramedici het die man behandel voordat hulle hom in ’n ambulans na ʼn hospitaal geneem het.

Die nooddienswerkers is van daar na die vissersboot waar die brand geblus en veiligheidsmaatreëls getref is om te verhoed dat die brand weer op die veselglasboot opvlam.

Hoewel dit vermoed word dat die brand uitgebreek het toe die boot met brandstof opgevul is, sal ʼn amptelike ondersoek na die oorsaak van die brand gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Gelukkig was daar water beskikbaar om die taak mee te verrig.
In ons dorp het ons, weens totale onbevoegdheid van die kaders, beurtwater en daar word gespot dat die anc-beheerde dorpsraad seker binnekort n proklamasie sal uitvaardig om te bepaal gedurende welke tye in welke dele van die dorp brande mag uitbreek!

E ·

Ek het al talle mense sien rook by vulstasies… kom ons hoop hy was nie so dom om te staan en rook by petrol nie.

Coenrad Adolf ·

Sovêr my kennis strek ivm brandstof oortap in boot, moet dit tenminste 50m van oewer gebeur en mag jy nie brandstof op boot oortap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.